|

Paulpietersburg-tak installeer gevorderde kamerastelsel

Die AfriForum-tak in Paulpietersburg het twee gevorderde aMadlozi-kameras op strategiese plekke in hierdie KwaZulu-Natalse dorp opgerig. Dit vorm deel van die Paulpietersburg-tak se strategie om van tegnologie gebruik te maak om misdaad in die gemeenskap te help bekamp.

“Ons het besluit om van die aMadlozi-kamerastelsel gebruik te maak, aangesien dit alreeds in groter dele van die noorde van KwaZulu-Natal en Oos-Mpumalanga geïnstalleer is. Die stelsel het bewys dat dit met misdaadbekamping help en het al tot groot suksesse gelei,” sê Martin Dedekind, AfriForum se takvoorsitter vir Paulpietersburg.

“AfriForum se Pongola-, Sodwana- en Hluhluwe-takke het alreeds van hierdie stelsel gebruik gemaak en beplan binnekort om ook aMadlozi-kameras in Vryheid te installer,” sê Eugene van Aswegen, distrikskoördineerder in KwaZulu-Natal. 

Die sisteem maak gebruik van kameras wat nommerplate in ’n soekbare databasis kan lees, asook ’n kamera wat enige ander beweging in ’n soekbare databasis tussen mense en voertuie kan opneem. Dié kamerastelsel kan soos ’n alarm gestel word wat op spesifieke tye, of wanneer daar beweging is, afgaan. Die gemeenskappe neem hierdeur veiligheid in hulle eie hande en verseker verantwoordelike, gefokusde en pro-aktiewe optrede wat misdaad hokslaan in gebiede waar aMadlozi-kamerastelsels geïnstalleer word,” aldus Pierre Conradie, direkteur van Alpha Sekuriteit in Hluhluwe.

“Ons hoop om volgende jaar die stelsel verder in ons gemeenskappe uit te brei,” sluit Dedekind af.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak en hierdie stelsel verder in Paulpietersburg uit te brei: SMS “Paulpiet” na 45344 (R1).

Soortgelyke plasings