Gansbaai-buurtwag toegerus om misdaad te bekamp


AfriForum se nuutgestigte buurtwag in Gansbaai is nou volledig toegerus om die gemeenskap te beveilig nadat die buurtwag nuwe toerusting, waaronder 29 tweerigtingradio’s en ander noodhulpvoorraad, ontvang het.
Thomas van Dalen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir die Wes-Kaap, sê dat die burgerregte-organisasie vanjaar ’n verskerpte fokus op veiligheid plaas en dat die veiligheidsportefeulje binne die buurtwag tot ’n prioriteitsportefeulje verklaar is.

“Dié buurtwag het ten doel om misdaad in samewerking met ander veiligheidsinstansies soos die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) te bekamp. Buurtwagte is die oë en ore van die polisie en moet te alle tye binne die raamwerk van die wet optree,” sê Van Dalen.

Die geleentheid is onder andere deur brig. Donovan Heilbron, klusterbevelvoerder van die SAPD in die Overberg, bygewoon. Heilbron het tydens die geleentheid met tak- en buurtwaglede oor misdaadtendense gepraat.

Soortgelyke plasings