Help AfriForum se Brits-tak om die ligte aan te hou

Petisie teen Eskom wat beplan om elektrisiteitstoevoer na Brits te onderbreek

AfriForum se Brits-tak en gemeenskapslede wil graag die publiek betrek en hulle vir hul ondersteuning vra om hierdie petisie te onderteken wat ten doel het om die beplande onderbreking van elektrisiteitstoevoer na Brits en die omliggende omgewing te verhoed.

Die Madibeng Plaaslike Munisipaliteit se skuld by Eskom beloop R138 463 908. Daarvolgens beplan Eskom om die elektrisiteitstoevoer na Brits, Elandsrand, Lethlabile, Oukasie, Damonsville en Primindia vanaf 3 Julie 2020 af te sny.

Skrywes is reeds aan sowel Jostina Mothibe, burgemeester van die Madibeng Plaaslike Munisipaliteit, as Eskom gerig waarin ons vra dat elektrisiteitstoevoer nie onderbreek moet word nie.

AfriForum is egter hoopvol dat volgehoue druk en gemeenskapshulp ononderbroke elektrisiteitsvoorsiening tot gevolg sal hê. Help ons dus asseblief deur die petisie te onderteken. Die tak sal die petisielys gevolglik aan Eskom stuur om verdere druk toe te pas.

Onderteken die petisie hier:

Soortgelyke plasings