Hof het finale sê in Zuma-vrylating

Die burgerregteorganisasie AfriForum beklemtoon dat ’n hooggeregshofuitspraak gevind het dat die mediese parool, wat aan voormalige president Jacob Zuma toegstaan is, onwettig was. Zuma het die hooggeregshofuitspraak op appèl geneem in die Hoogste Hof van Appèl en uitspraak is voorbehou in die saak, wat nog hangend is. Die Departement van Korrektiewe Dienste het vandag ’n mediaverklaring uitgereik wat meld dat voormalige president Jacob Zuma amptelik sy tyd uitgedien het en vrygelaat is.

“AfriForum vertrou dat die hof in ons guns gaan beslis dat Zuma se mediese parool onregmatig toegestaan is. Dit is onaanvaarbaar dat Zuma voorkeurbehandeling ontvang het as gevolg van sy prominensie as politieke figuur. Wanneer ANC-hooggeplaastes nie aanspreeklik gehou word vir hul dade nie, stel dit ’n uiters gevaarlike presedent en lei dit tot ernstige magsmisbruike. Glibberige politici kan nie langer toegelaat word om agter die skerms toutjies te trek en sodoende die regstelsel te omseil nie,” sê Reiner Duvenage, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

Soortgelyke plasings