|

AfriForum-buurtwag in Wolmaransstad verwelkom nuwe bestuur

Die AfriForum-buurtwag in Wolmaransstad het op Woensdag, 22 September 2021, ’n nuwe bestuur verkies nadat die ou bestuur uitgetree het.

Die volgende persone is tot die nuwe bestuur verkies: Chris van der Watt (buurtwagleier), Christo Willemse (spanleier: operasioneel), Riaan Jonker (spanleier: steun) en C.G. van der Watt (spanleier: inligting). Die span is vasberade om die buurtwag na nuwe hoogtes te lei en hulle deel te doen om misdaad in Wolmaransstad te bekamp.

“Die Wolmaransstad-gemeenskap besef dat hulle moet saamstaan om misdaad te bekamp. Om hierdie doel te bereik is dit nodig dat die gemeenskap betrokke raak by ’n georganiseerde buurtwag wat goeie verhoudings met die SAPD en plaaslike sekuriteitsmaatskappye bou om sodoende effektiewe samewerking te bewerkstellig,” sê Alta Pretorius, distrikskoördineerder vir die Mooirivier. “Baie dankie aan Piet du Preez wat die laaste paar jaar die buurtwag so suksesvol gelei het en baie sterkte aan die nuwe span.” 

Sluit vandag nog aan by die plaaslike AfriForum-tak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak. SMS “Wolmaransstad” na 45344 (R1).

Soortgelyke plasings