|

Hofbevel: Sedibeng Water moet watertoevoer na talle dorpe in Vrystaat en Noord-Wes herstel

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag in die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein ’n hofbevel bekom wat Sedibeng Water vra om dadelik die water aan verskeie dorpe te herstel via die Balkfontein-aanleg.

Sedibeng Water moet alles in hulle vermoë doen om hierdie water op ’n volhoubare manier te lewer.

“Ons sien hierdie as ’n reusesukses aangesien hierdie een wateraanleg ’n impak op soveel munisipaliteite het, dit is vir ons ’n oorwinning dat ons hierdie gemeenskappe se reg op waterdienste op só manier kan beskerm,” sê Morné Mostert, AfriForum se bestuurder van plaaslikeregeringsake. “Die Departement van Samewerkende Regering moet saamwerk om basiese dienste soos dit in die Grondwet verseker is te lewer.”

Hierdie hofbevel volg die week lange waternood wat in die Matjhabeng-, Nala-, en Maquassi Hills Plaaslike Munisipaliteit geheers het. AfriForum het die hof op 20 Oktober 2021 dringend genader om aandag aan hierdie kwessie te gee. AfriForum sal die uitvoering van hierdie bevel nougeset monitor.

Soortgelyke plasings