|

Honderd liter verf later – dié Rustenburg-padmerke kry nuwe lagie verf

Die AfriForum-tak in Rustenburg het in Junie voortgegaan om padmerke in die dorp te verf. In dié maand is 60 liter wit padverf en 40 liter geel padverf gebruik om padtekens in Rustenburg ’n nuwe lagie verf te gee.

Die volgende padmerke is oorgeverf: Die stopteken by die T-aansluiting in Lucasstraat; die spoedhobbel in Dawesstraat; spoedhobbels en ’n voetoorgang in Klopperstraat; ’n spoedhobbel in Boshoffstraat; die stopteken by die drierigtingstopstraat op die hoek van Manuka- en Pendoringlaan; die stopteken by die drierigtingstopstraat op die hoek van Manuka- en Wisterialaan; die stopteken en spoedhobbel op die hoek van Manuka- en Boronialaan; en die spoedhobbel in Pendoringlaan.

“Dit is belangrik dat ons die padmerke opknap om sodoende motorongelukke te verminder. Dit is skrikwekkend om te sien hoeveel padmerke daar is wat oorgeverf moet word. Die einddoel is om ’n veiliger reis vir die Rustenburg-inwoners en besoekers aan dié dorp te verseker,” sê Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Groot-Marico.

“Daar is nog ongelooflike baie werk om gedoen te word. Alhoewel ons nie elke straat kan opknap nie, plaas ons fokus op die hoë risiko gebiede waar die padmerke of onduidelik is of net glad nie daar is nie,” sê Jan van Zyl, projekleier van AfriForum se Rustenburg-tak.

Vir meer inligting en om betrokke te raak by toekomstige projekte en aktiwiteite, word belangstellendes aangemoedig om by AfriForum se Rustenburg-tak aan te sluit. Kontak Dawie Conradie by 082 930 9905 vir verdere besonderhede.

Soortgelyke plasings