|

Swellendam-buurtwag skenk skryfbehoeftes aan kleuterskool

Die AfriForum-buurtwag in Swellendam doen nie net hulle deel om die gemeenskap te beveilig nie, maar belê ook in die kinders. Dié buurtwag het op 7 November saam met die plaaslike Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die verkeersdienste, skryfbehoeftes geskenk aan die Mossienes Kleuterskool in Railton.

Mossienes Kleuterskool het sowat 150 voorskoolse leerders en 50 gr. R-leerlinge. Dié skenking sluit ondermeer penne, potlode en inkleurboeke in. Die Swellendam-buurtwag beoog om nog soortgelyke projekte voor die einde van die jaar aan te pak. “Projekte soos hierdie is belangrik om te wys dat ons saam met die gemeenskap wil werk om ’n verskil te maak. Ons elkeen kan op ons eie goeie dade verrig maar werklike verandering kom eers wanneer ons besluit om saam te werk,” sê Marthinus Erasmus, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Suid-Kaap.

“Ons sal aanhou om te help waar ons kan in ons gemeenskap. Dit is vir ons belangrik dat die gemeenskap weet ons dra hulle belange op die hart en dat ons hier is om te help,” sê Wally Walters, voorsitter van AfriForum se Swellendam-tak.

Sluit aan by dié buurtwag om saam teen misdaad op te staan. Stuur ’n e-pos na voorsitter.swellendam@afriforumtak.co.za, of skakel vir Walters by 083 709 6631.

Soortgelyke plasings