|

Jeffreysbaai-buurtwag hou gesamentlike patrollie

AfriForum se Jeffreysbaai-buurtwag het op 18 November saam met verskeie rolspelers soos Exec Ops, ADT, G4S-sekuriteitsdienste en die plaaslike polisie ’n gesamentlike patrollie vir bewusmaking gehou. Daar het sowat 15 voertuie en 22 mense altesaam aan die patrollie deelgeneem. ’n Voertuig van die SAPS se K9-eenheid van Humansdorp sowel as twee misdaadvoorkomingsvoertuie van die plaaslike polisie was onder die deelnemers.

Die patrollie het om ongeveer om 18:00 begin en het tot 20:30 die aand geduur. In hierdie tyd is daar 510 km afgelê. Die patrollie was ’n groot sukses aangesien dit die sigbaarheid van die veiligheidstrukture bevorder het.

“Die meeste van die dorp se bekommernis is veiligheid, daarom is dit vir ons belangrik om alle rolspelers te betrek en goeie samewerking te bewerkstellig sodat ons die misdaad kan stopsit,” sê Wikus van der Walt, distrikskoördineerder vir die Oos-Kaap.

“Die tak wil graag samewerking met plaaslike owerhede en ander rolspelers bevorder. Ons wil ook self moue oprol om saam probleme uit die weg te ruim,” sê Van der Walt.

Die tak moedig die Jeffreysbaai-gemeenskap aan om by dié tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil in hul gemeenskap te maak. SMS “Oos-Kaap” na 45350 (R1) om vandag nog aan te sluit.

Soortgelyke plasings