|

Koop nou kaartjies vir Aardklop-produksies by AfriForum Teater

Die Oktober-skoolvakansie is vir baie mense sinoniem met die Momentum Beleggings Aardklop-kunstefees wat vanjaar op drie plekke opwip. Dié fees word in Potchefstroom, Pretoria en Linden aangebied en die feesterrein is weer soos verlede jaar by die Voortrekkermonument.

Die AfriForum Teater is die grootste venue vir dié fees met 11 produksies en 17 vertonings wat van 30 September tot 9 Oktober by dié teater aangebied word. Anina Oosthuizen, wat skilder as Hannah, is die feeskunstenaar wat by AfriForum Teater gaan wees.

En of jy van musiek, komedie of drama hou, die program bied iets vir almal. Groot name in die kunstewêreld soos Amanda Strydom, André Schwartz, Margit Meyer-Rödenbeck, Nicole Holm, Marion Holm, Chris van Niekerk, Jana Cilliers, Koos Kombuis, Dana Snyman, Anna Davel en Schalk Joubert is van die kunstenaars wat teatergangers tydens die week by AfriForum Teater gaan vermaak.

“Ons sien baie uit om deel te wees van die Momentum Beleggings Aardklop-kunstefees in Pretoria en is opgewonde oor die wonderlike produksies en kunstenaars wat op AfriForum Teater se verhoog te sien is,” sê Carien Bloem, bestuurder by AfriForum Teater.

Produksies waarna jy kan uitsien is:

*Tweespoor met Nicole Holm en Inge Crafford-Lazarus
*André Schwartz en Amanda Strydom in Brel en Piaf
*Rocco de Villiers met Fliekmusiek
*Drie Kaalkoppe kuier tesame met Koos Kombuis, Dana Snyman en Erns Grundling
*Laerskool Noord met Marion Holm, Margit Meyer-Rödenbeck, Ilne Fourie en Neels Coetzee
*Mixtape van die liefde met Jana Cilliers, Mathys Roets, Anna Davel, Stephanie Baartman, Laurinda Hofmeyr en Leon Gropp
*Madame Pylinska en Die geheim van Chopin met Chris van Niekerk en Eugène Joubert
*Oom Bey, my pa met Ira Blanckenberg en Robert Hindley
*Kitaarkonings met Loki Rothman, Albert Frost, Guy Buttery, Louis Mhlanga, Schalk Joubert, Mauritz Lotz & Jonno Sweetman
*Bêreboksie vol vlerke met Ira Blanckenberg, Lizanne Barnard, Leon Ecroignard en Pyjama Shark
*Droomland met DuPreez Strauss

Koop jou Aardklop kaartjies vandag nog hier.

Soortgelyke plasings