|

AfriForum se Noord van die berg-tak plant by verskeie skole bome

AfriForum se Noord van die berg-tak het die week van 19 September 14 bome as deel van dié burgerregteorganisasie se boomplantmaandprojek geplant. Vyf van hierdie bome is pompombome (Dais cotinifolia), drie huilbome (Peltophorum africanum) en ses olyfbome (Olea europaea). Hierdie bome is by die volgende skole geplant: Laerskool Voortrekker Eeufees; Laerskool Danie Malan; Hoërskool Montana; Laerskool Doornpoort; Laerskool Magalieskruin; en Montana Poort Secondary School.

“Om ’n boom te plant is ’n geloofsdaad. ’n Mens weet dat jy nie noodwendig die vreugde van die boom sal geniet nie, maar jy glo dat jou nageslag wel sal. Ek wil mense aanmoedig om dwarsdeur die jaar bome te plant om sodoende hoop vir die toekoms te help skep,” sê Sampie Steinberg, distrikskoördineerder vir die Groter Pretoria-Noord.

Sluit gerus met ’n maandelikse vrywillige bydrae aan. SMS “Noord van die berg” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings