|

KRY NOU VIER BOEKE TEEN DIE PRYS VAN EEN VIR KERSFEES

Deur Alet Rademeyer

Kersfees is om die draai en Kraal Uitgewers bied ’n ongelooflike winskoop vir boekwurms aan.

’n Plaasmoordpakket is vanaf 27 November tot 30 November teen net R200 beskikbaar.

Die vier boeke Treurgrond, Kill the boerPlaasmoorde/Farm murders en Land of Sorrow is vir minder as die prys van een beskikbaar.

Kill the Boer deur Ernst Roets handel oor die ANC-regering se aandadigheid aan die wrede plaasmoorde in Suid-Afrika.

Land of Sorrow deur dr. Dirk Hermann fokus op die gebeure rondom die meer as 2 650 plaasaanvalle wat tussen 1990 en 2010 plaasgevind het. Die inhoud is gegrond op ’n omvattende register van plaasaanvalle wat TLU sedert 1990 bygehou het.

Treurgrond: Die realiteit van plaasaanvalle, 1990-2012 vertel die verhale van meer as 3 300 plaasaanvalle wat oor meer as twee dekades in Suid-Afrika plaasgevind het. Dié boek, wat deur dr. Dirk Hermann, genl.maj. Chris van Zyl en Ilze Nieuwoudt saamgestel is, is nie net die grootste register van plaasaanvalle nie, maar vertel ook deur die oë van slagoffers, familie, geliefdes, digters en ʼn kunstenaar van die letsels wat dié misdaad los.

Plaasmoorde: Slagoffers vertel self/Farm murders: Victims tell their stories gaan nie oor die beskrywing van grusame aanvalle, moorde en letsels nie. Hierin word die verhale van mense se seerkry én opstaan vertel; van lewenslange posttraumatiesestresversteuring; boere se woede teen wat hulle beskou as ’n onsimpatieke regering; en ander se soeke na vergifnis. Dit is geskryf deur Carla van der Spuy.

Boonop sal kopers ook ’n gratis kopie van prof. Hermann Giliomee se The last Afrikaner leaders: A supreme test of power saam met die bestelling ontvang. Die waarde van dié boek is R475.

Besoek www.kraaluitgewers om jou bestelling te plaas. Opskud! Voorraad is beperk.

Soortgelyke plasings