Maak jou stem dik teen die ANC se rassediskriminasie.

Die ANC-regering is geheel en al ras behep. Hulle klou al vir dekades lank vas aan  wetgewing wat op grond van velkleur diskrimineer, en elke jaar probeer hulle die lys raswette net langer en langer maak. Een voorbeeld is die regering se weiering om befondsing te gee aan die TEARS-stigting, wat al jare lank geslagsgebaseerde geweld beveg en slagoffers bystaan, omdat dié stigting nie aan swart ekonomiese bemagtiging se rassekriteria voldoen nie. Die regering het ook in 2020 geweier – op grond van rassekriteria – om Covid-hulpfondse aan sukkelende kleinsake-eienaars in die toerismebedryf beskikbaar te stel. Hoewel AfriForum daarin geslaag het om die kriteria van die toerismefonds onwettig te laat verklaar, veg die ANC-regering in 2022 steeds teen hierdie uitspraak en vir hul reg om te mag diskrimineer op grond van ras.

Genoeg is genoeg. Terwyl die ANC-regering veg vir hul reg om te diskrimineer, veg AfriForum vir ’n einde aan rassewette.

Onderteken asseblief die petisie:

https://afriforum.co.za/wp-content/uploads/2022/09/Submission-on-race-ENG-GFdB.pdf

Soortgelyke plasings