Laat jou stem hoor en stuur ’n brief aan die minister van Water en Sanitasie.

Ons het jou hulp nodig om ons rivier weer skoon te kry en die uitheemse plant te verwyder.

Vul  die onderstaande vorm in, indien jy voel dat DWS niks gedoen het om die probleem op te los nie.

AfriForum is gereed om onafhanklike stappe te doen om hierdie kwessie op te los sou die departemente nie vinnig en ingrypend optree nie. Die organisasie versoek inligting oor die maatreëls wat die betrokke departemente in plek gaan sit om nie net hierdie kwessie op te los nie, maar om ook die langtermyn gesondheid van die Vaalrivierstelsel te verseker.

Ons glo dat die bewaring van ons natuurlike hulpbronne ’n gesamentlike verantwoordelik is en ons verbind onsself daartoe om die gesondheid en volhoubaarheid van die Vaalrivierstelsel te verseker. Ons is bereid om betrokke te raak en deel te neem aan inisiatiewe wat die volhoubare bestuur van ons waterbronne oor die algemeen sal bevorder.

Indien jy teken word daar outomaties ’n brief aan DWS gestuur om hulle ingryping te eis.

"*" indicates required fields

Naam en van*
Handtekening
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Soortgelyke plasings