Maand van Selfstandigheid: AfriForum-tak in Sasolburg rig toegeetekens op en plant bome


As deel van AfriForum se Maand van Selfstandigheid-veldtog het die AfriForum-tak in Sasolburg op 28 Oktober 2017 die dorp beveilig deur drie ontbrekende toegeetekens te vervang. Dié toegeetekens is op die hoek van Malan- en J.G. Strydomstraat in Sasolburg opgerig.
Die tak het verder sowel twee bome in Rooibergstraat in Vaalpark, as een by die park in Totiusstraat geplant. Dít volg nadat die tak vroeër in Oktober hierdie veldtog van stapel gestuur het deur ’n skoonmaakaksie by die terrein langs H.F. Verwoerdweg te doen.

“Die plaaslike tak is daaraan toegewy om die dorp skoon en veilig te maak vir alle inwoners en besoekers. Ons is bly ons kon die Maand van Selfstandigheid-veldtog op ’n hoë noot afsluit,” sê Stephen Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Sentraalstreek.

Soortgelyke plasings