Maand van Selfstandigheid-veldtog: AfriForum se Alberton-tak plant 45 bome

 

AfriForum se Alberton-tak het die afgelope maand 45 bome by ses skole geplant as deel van dié burgerregte-organisasie se nasionale Maand van Selfstandigheid-veldtog.

“Ons het onderskeidelik witstinkhout-, peper- en hardebasbome aan Hoërskool Dinamika, Hoërskool Marais Viljoen, Alberton High School, Bracken High School, Alberview Primary School en Brackenhurst Primary School geskenk,” sê Marie Naude, AfriForum se streekskoördineerder vir Gauteng-Suid.
“Die tak moedig die gemeenskap aan om by die veldtog betrokke te raak en deel te word van ’n beter en groener toekoms,” sê Fanie Bezuidenhout, omgewingsakevoorsitter van AfriForum se Alberton-tak.

 

Soortgelyke plasings