|

Meeste vullisterreine in Gauteng in aanvaarbare toestand

AfriForum het vanjaar 162 vullisterreine landwyd geoudit as deel van dié organisasie se nasionale projek om die gehalte van vullisterreine in Suid-Afrika te meet.

Slegs 11 uit 19 vullisterreine wat in Gauteng geoudit is, het aan nasionale standaarde voldoen. Kragtens toepaslike wetgewing en regulasies, waaronder die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis 59 van 2008, moet ’n vullisterrein aan bepaalde vereistes voldoen.

Volgens Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir groter Pretoria-Noord, is die meeste vullisterreine in Gauteng in ’n aanvaarbare toestand.

Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir groter Pretoria-Suid sê dat alhoewel die vullisterreine in Gauteng goed onderhou word en aan alle wetgewing voldoen  daar steeds groot kommer is oor die beperkte lug spasie wanneer dit by Gauteng se vullisterreine kom. Wanneer jy kyk teen die tempo waarteen Gauteng uitbrei en die tempo waarteen munisipaliteite en metro bepalnning doen vir uitbreiding en bepalnning van nuwe vullisterreine stuur ons in n vullis ramp af.

Munisipale verval is aan die orde van die dag en dit is ooglopend dat veral kleiner munisipaliteite onder grootskaalse wanbestuur gebuk gaan.

AfriForum het in die laaste twee jaar by verskeie geleenthede met Barbara Creecy, minister van Bosbou, Visserye en Omgewingsake, en haar span vergader. Uit die vergaderings was dit duidelik dat daar onvoldoende kommunikasie bestaan tussen nasionale, provinsiale en plaaslike owerhede. Dit is ’n bewys daarvan dat samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) en die departement van Bosbou, Visserye en Omgewingsake nie met mekaar kommunikeer nie.

Soortgelyke plasings