|

Middelburg-tak help DBV

AfriForum se Middelburg-tak het op Saterdag 8 Julie saam met Mejuffrou Mpumalanga Toerismekoningin (“Miss Mpumalanga Tourism Queen”) ’n projek by die dorp se Dierebeskermingsvereniging (DBV) geloods.

Die DBV se geboue val uitmekaar en het dringend onderhoud nodig, maar dié organisasie het nie die geld om dit te laat doen nie. Al hulle fondse word op die diere se kos, mediese uitgawes en algemene welstand spandeer.

“Van die geboue is erg gekraak en die verf dop af. Daarom het lede van ons Middelburg-tak besluit om in te spring, die geboue te begin afskuur en die krake met kraakvuller op te vul. Dit is die minste wat ons kan doen,” sê Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

Die tak het reeds die verf om die geboue oor te verf aangekoop en beoog om die projek oor die volgende paar weke af te handel.

“Hierdie organisasie het ons hulp nodig om aan te hou met hulle belangrike werk sonder om hulle oor die geboue te bekommer,” sê Mike Ebersohn, voorsitter van AfriForum se Middelburg-tak.

Klik hier en sluit aan by die Middelburg-tak.

Soortgelyke plasings