|

Standerton-tak herstel paaie en verkeersligte

AfriForum se Standerton-tak het gedurende 3-7 Julie verskeie projekte in Standerton saam met die Lekwa Clean Up Crew voltooi.

Skoonmaakprojekte is geloods om die area rondom die Standerton-hospitaal op te ruim en die asdromme leeg te maak. Daar is ook takke wat al vir ’n geruime tyd in Paarlstraat lê met ’n sleepwa weggery. Verder is die gras om die Standerton-skougronde as voorbrand gesny.

Op die hoek van Beyers Naude- en Prinsesstraat het die tak twee verkeersligte herstel. Een van dié verkeersligte het op die grond gelê terwyl die ander een het aan toue gehang het. Die verkeersligte is weer regop getrek, en die pale is vasgesweis en versterk. Slaggate is ook in Beyers Naudestraat met sowat 20 sakke teer opgevul.

“Stadig maar seker is ons besig om Standerton op te knap. Dié dorp het baie agteruitgegaan, maar ons gaan verseker nie stilsit en net toekyk nie. Ons gaan die dorp weer tot sy vorige glorie herstel,” sê Leon Enslin, voorsitter van AfriForum se Standerton-tak.

Klik hier en sluit aan by AfriForum se Standerton tak.

Soortgelyke plasings