|

Middelburg-tak koop nuwe toerusting aan

Die AfriForum-tak in Middelburg het op 20 April ’n trekker, snyer, bossiekappers en grassnyers aangekoop wat ’n groot aanwins sal wees om die algehele netheid van dié dorp te verbeter.

Hierdie toerusting is aangekoop omdat die Steve Tswete Munisipaliteit nie meer in staat is om die dorp se netheid te onderhou nie. Parke en begraafplase se gras groei wild met tye en ná die onlangse stakings is dienslewering in Middelburg veral lamgelê.

AfriForum se Middelburg-tak beplan om eersdaags ’n projek te loods om ’n monument in dié dorp met die nuwe toerusting in stand te hou.

“Die eerste stap in selfbeskikking is selfdoen, en hierdie toerusting is waar ons begin,” sê Mike Ebersohn, ondervoorsitter van AfriForum se Middelburg-tak.

Soortgelyke plasings