|

Mislukking van die strafregstelsel vertraag appèl in Thandi Modise-dieremishandelingsaak

AfriForum se privaatvervolgingseenheid was vandag in die Hooggeregshof in Mahikeng om te appelleer teen die vryspraak van Thandi Modise, voormalige Speaker van die Nasionale Vergadering, in 2021 op aanklagte van dieremishandeling. Die saak kon egter nie aangehoor word nie aangesien landdros Ben Mtebele nie sy saak kon stel nie – hy het ook nie redes verskaf oor of hy die wet korrek toegepas het toe hy Modise vrygespreek het nie.

Die eenheid se woordvoerder, Barry Bateman, sê ná herhaalde versoeke vir die landdros om redes te verskaf, het die hooggeregshof aangedui dat die appèl nie aangehoor kan word as die landdros nie sy deel gedoen het nie. “Ons het ’n volle oggend van argumentering gehad sonder om die meriete van die appèl teen Modise se vryspraak te hanteer omdat ’n landdros, wat ingevolge die wet verplig was om sy saak te stel, versuim het om dit te doen. Ironies genoeg is die enigste beskikbare opsie om die howe te nader om ’n landdros te verplig om sy plig te doen,” het Bateman gesê.

Soortgelyke plasings