Nehawu-ondersoek rem studies by Grootfontein Landboukollege


AfriForum Jeug het op 22 Februarie 2017 ’n dringende skrywe aan die bestuur van die Grootfontein Agricultural Development Institute (GADI) gerig om antwoorde te eis nadat die National Education, Health and Allied Workers Union (Nehawu) in ’n brief aangedui het dat alle arbeid, ondersteuning en samewerking van GADI onttrek word met betrekking tot lewende hawe, lewendehaweprodukte en alle ander boerderyverwante aktiwiteite.
In sy skrywe meld Nehawu ook dat sy ondersteuning tot die miniplase en trusts van die landboukollege onttrek word totdat die ondersoek rakende die bestuur van die kollege wat tans aan die gang is, afgehandel is. Hierdie ondersoek sluit (na ons beste medewete) onder meer rapporterende strukture, asook die beheer van trusts en lewende hawe in.
Indien die uitlatings in die brief reeds in effek is, kan dit veroorsaak dat studente wat by GADI studeer van sekere praktiese opleiding ontneem word; praktiese opleiding wat deel vorm van die kurrikulum waarvoor hulle betaal.

“Die situasie beïnvloed al die studente. Ons het werk om te doen by die miniplase, maar kan nie daar uitkom nie. Ons betaal vir ons studies, maar kry nie diens nie,” sê Jan-Hendrik Goosen, voorsitter van AfriForum Jeug se Grootfontein-tak.

Soortgelyke plasings