|

Noord van die berg-tak se tuinspan maak Pretoria-Noord weer mooi

AfriForum se Noord van die berg-tak se tuinspan het gedurende April hulself oortref met die werk wat gedoen is om die Pretoria-Noord-omgewing vir die gemeenskap te verfraai. Hierdie opknap en netjies maak van sekere areas help ook om skuiling vir boosdoeners uit te roei.

Dié tuinspan ruim die Pretoria-Noord-stadsaal op ’n maandelikse basis op. Ander areas wat ook elke maand opgeruim word is ’n verskeidenheid van strate soos Delia-, Andre- en Francoisstraat, asook die hoek van Azaleaweg en Bokmakieriestraat. Die parke wat opgeruim word sluit onder meer Monumentpoort, Wolmer, Suur Klapper, en die park in Bokserstraat in.

Gedurende die maand se opruiming is 1 063 km afgelê waartydens 1 053 swartsakke vol vullis opgetel is en 31 vragte rommel weggery is.

“AfriForum sal aanhou om ons gemeenskappe by te staan waar die staat of munisipaliteit misluk en om sodoende hoop te skep deur projekte aan te pak wat ’n daadwerklike verskil in die area maak,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Soortgelyke plasings