|

AfriForum se Bethal-tak herstel slaggate

Die AfriForum-tak in Bethal het op 16 Julie 2020 weer begin om slaggate in dié dorp se sentrale sakegebied te herstel. Tien vrywilligers het vroegoggend begin om die slaggate in Jabulani Selepi-, Clerq- en Markstraat met 150 sakkies teer te herstel.

Die projek is voltooi in samewerking met verskeie plaaslike sakeondernemings, wat fondse aan die tak beskikbaar gestel het om die teer mee aan te koop.

“Die Govan Mbeki Munisipaliteit se swak dienslewering noop ons om dié dienste self te lewer. Ons wil inwoners graag aanmoedig om by die tak se projekte betrokke te raak sodat ons die algehele toestand van dorp kan verbeter deur dienste te lewer wanneer die munisipaliteit hul plig versuim,” sê Ingrid Human, voorsitter van AfriForum se Bethal-tak.

Sluit vandag nog by AfriForum se Bethal-tak aan: SMS “Bethal” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings