|

Nuwe kameras help om Malalane te beveilig

Die AfriForum-buurtwag in Malalane het op 9 September 2021 twee nuwe kameras in die dorp opgerig om met misdaadbekamping te help. Dit vorm deel van ’n projek om die dorp in samewerking met Nkomazi Security Solutions te help beveilig en verskeie kameras is reeds in die dorp opgerig.

Malalane se unieke ligging met die N4-hoofweg wat daardeur loop, asook die nabye grensposte na Mosambiek en Swaziland veroorsaak dat die dorp ’n maklike teiken vir misdadigers is.

“Hierdie projek gaan in die toekoms uitgebrei word en nog kameras sal geïnstalleer word. Dit is net een van vele maniere waarop AfriForum-buurtwagte misdaad help bekamp,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mpumalanga.

Sluit vandag nog by AfriForum aan en word deel van die verskil: SMS jou naam na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings