|

Gemeenskapsentrum in Standerton se dak geseël

AfriForum se Standerton-tak het op 26 September ’n projek by die SAVF-gemeenskapsentrum op die dorp voltooi waartydens die sentrum se lekkende dak geseël het. Hierdie lekkasies was onder meer in die stoorkamer waar kos gestoor word en het dus ’n risiko ingehou vir die kos om nat te word.

Die sentrum help die gemeenskap met onder meer maatskaplike dienste. Die tak sal oor die volgende paar maande ander projekte by die sentrum loods.

“As ons nie na hierdie organisasies omsien nie, sal dit later tot niet gaan. Daar is nie genoeg finansiële steun om die werk waarmee hulle besig is volskaals voort te sit en nog die onderhoud te doen aan die geboue nie, daarom help ons waar ons kan,” sê Leon Enslin, voorsitter van AfriForum se Standerton-tak.

Inwoners word versoek om AfriForum se Standerton-tak te ondersteun. Besoek www.wordlid.co.za vir meer inligting.

Soortgelyke plasings