Onwettige straatsmouse in Mooinooi

AfriForum se Mooinooi-tak het ’n aksieplan van die Madibeng Plaaslike Munisipaliteit versoek met betrekking tot die aanspreek van die onwettige straatsmouse in die dorp se hoofstraat. Die tak wil dus ’n pleidooi aan die publiek lewer om hul te ondersteun deur ’n petisie te onderteken en sodoende bogenoemde versoek te steun en die munisipaliteit tot aksie te dwing.

Daar is tans tientalle onwettige straatsmouse in Lonrhorylaan. Dit veroorsaak ’n toename in onwettige aktiwiteite in die dorp. AfriForum het baie klagtes ontvang van mense uit die gemeenskap wat verneem dat die straatsmouse onwettig alkohol sowel as dwelmmiddels verkoop. Die straatsmouse hou daarom ’n ernstige veiligheidsrisiko in vir die inwoners van Mooinooi. AfriForum is hoopvol dat die probleem danksy volgehoue druk en met die hulp van die gemeenskap tog sal verbeter. Help ons asseblief deur die petisie te onderteken waarna die takbestuur die petisielys aan die munisipale bestuurder sal oorhandig om verdere druk toe te pas.

Soortgelyke plasings