|

Parys-tak verkla munisipale bestuurder oor riool in Vaalrivier

Die AfriForum-tak in Parys het vandag strafregtelike klagtes ingedien teen Tebogo Manele, die waarnemende munisipale bestuurder van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit, oor riool wat in die Vaalrivier gestort word. Die klagte sluit rioolstortings wat direk of indirek in die Vaalrivier beland in.

Hierdie kwessie is herhaaldelik deur die Parys-tak onder die munisipaliteit se aandag gebring, die tak het die munisipaliteit ook op terme geplaas om daadwerklik iets aan die probleem te doen teen 18 Augustus – die munisipaliteit het nie gehoor gegee nie.

“Ons het die munisipaliteit genoeg gewaarsku en genoeg tyd gegee om die rioollekkasies op te klaar. Daar is nou vir ons geen ander opsie meer as om ’n strafregtelike klagte te lê nie. Ons tree op in belang van ons gemeenskap wat graag skoon water wil hê en die toeriste wat graag die rekreasiegeleenthede wat die Vaalrivier bied, wil geniet,” sê Schalk Burger, voorsitter van AfriForum se Parys-tak.

“Ek is dankbaar dat die tak standpunt inneem teen die besoedeling van die rivier. Die munisipaliteit sal beslis tot verantwoording geroep word,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Die AfriForum-tak moedig die gemeenskap aan om by projekte soos dié betrokke te raak. Kontak vir Burger by 081 392 2071om betrokke te raak.

Soortgelyke plasings