|

Phalaborwa-tak maak skenking aan Bougainvillea-versorgingsentrum

AfriForum se Phalaborwa-tak het op 28 Julie noodsaaklike goedere soos toiletpapier en skoonmaakmiddels aan die Bougainvillea- versorgingsentrum geskenk. Hierdie skenking is deel van ’n bewusmakingsprojek wat dié tak geloods het.

Die tak het besluit om hierdie versorgingsentrum te ondersteun nadat dit aan die lig gekom het dat hulle in die huidige ekonomiese klimaat onder finansiële druk is. Hierdie skenking en bewusmaking is slegs die begin van ’n reeks aksies wat die tak beplan om die Phalaborwa-gemeenskap by die versorgingsentrum te betrek. 

“Die projek het ten doel om die gemeenskap bewus te maak van die weerloses, diegene wat ekstra sorg nodig het en soms agtergelaat word. Baie van die inwoners kan nie meer na hulself omsien nie, daarom is hierdie versorgingsentrum ’n juweel in ons dorp en verdien om opgehef te word. Ons is opgewonde oor die pad wat ons saam met die Bougainvillea- versorgingsentrum gaan stap en dit is lekker om te weet dat ons ’n verskil kan maak,” sê Cee-J van der Walt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Soutpansberg.

AfriForum se Phalaborwa-tak moedig die gemeenskap aan om by die tak aan te sluit of betrokke te raak. Kontak Cee-J van der Walt by 060 818 5751.

Soortgelyke plasings