Plaasaanvallers loop hul vas teen die gemeenskap


AfriForum se Marble Hall-buurtwag het op Maandag, 15 Mei, in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens, die Heritage Protection Group, plaaslike boere, asook ander organisasies, drie plaasaanvallers vasgetrek. Dít nadat die vermeende aanvallers ’n boer van die Roedtan-omgewing op sy plaas aangeval en in sy bors geskiet en gewond het.

“Danksy goeie samewerking tussen die verskillende rolspelers kon ons die aanvallers vastrek. Dit is van kardinale belang dat kragte voortdurend saamgesnoer word om veiligheid in en om ons woongebiede te verhoog en misdadigers vas te trek,” sê Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo.
“Hierdie is nog ’n goeie voorbeeld van hoe gemeenskappe hulself teen misdadigers kan beveilig,” voeg Grobbelaar by.

Soortgelyke plasings