Samewerking tussen AfriForum 911 en SAPD lei tot arrestasies ná plaasaanval


Drie verdagtes is gisteroggend omstreeks 01:50 gearresteer ná ’n plaasaanval in die Overberg-distrik. In dié aanval is ’n boer en sy seun onderskeidelik in die hand en rug gewond. Die seun is in ’n stabiele toestand in die hospitaal. Danksy die SAPD se vinnige optrede en AfriForum 911 wat leidrade opgevolg het, kon die verdagtes gearresteer word.

“Samewerking tussen gemeenskappe en die SAPD is van kardinale belang om misdaad voortdurend te bekamp. Ons is dankbaar dat ons spoedig van hulp kon wees,” sê Johandré van Zyl, AfriForum se streekveiligheidskoördineerder vir die Wes-, Oos- en Noord-Kaap.

Enige persoon wat by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke wil raak, kan die woord “Veilig” na 45353 SMS (R1).
 

Soortgelyke plasings