|

Só lyk Mosselbaai-tak se nuwe bestuur

Die AfriForum-tak in Mosselbaai het Dinsdag (27 Februarie) nuwe bestuurslede tydens ’n gemeenskapsvergadering verkies. Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, en Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, was eregaste van die geleentheid en het die gemeenskap toegespreek oor dit wat die Solidariteit Beweging en AfriForum vanjaar wil bereik. Buys en Kriel het ook die Mosselbaai-tak se nuwe bestuur verwelkom.

Die nuwe bestuur is: Jean Lategan (voorsitter), Pieter de Villiers (ondervoorsitter), Amanda Lategan (sekretaris), Lukas Swart (tesourier), Etienne Erlank (gemeenskapsveiligheid), Magnus Stone (omgewingsake en jeug), Andre Slippers (plaaslikeregeringsake), Joy Cook (bemarking en projekte) en Louis Cook (kultuur en toerisme).

“Dis bemoedigend om te sien hoe gemeenskapslede bereid is om hul tyd en energie af te staan om ’n verskil in hul gemeenskap te maak. Ons is dankbaar vir die vorige bestuur wat die weg gebaan het vir die nuwe bestuur om gemeenskapskwessies aan te pak,” sê Marthinus Erasmus, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Suid-Kaap.

Erasmus het ook spesiaal vir die Cook-egpaar, stigterslede van die tak, uitgesonder wat ná 12 jaar as onderskeidelik voorsitter en sekretaris uittree om voorts nuwe rolle by die tak aan te neem.

Lategan, die nuutverkose voorsitter, het onderneem om die gemeenskap by alle aangeleenthede te betrek, en te fokus op ’n samewerkingsverhouding met die plaaslike regering en ander rolspelers. Gemeenskapsveiligheid sal ook een van die belangrikste fokuspunte vir die tak wees.

Gemeenskapslede word aangemoedig om by hul naaste AfriForum-tak betrokke te raak om ’n daadwerklike verskil in hul gemeenskap te maak. Stuur ’n e-pos aan marthinus.erasmus@afriforum.co.za of kontak hom by 081 216 9602 vir meer inligting.

Soortgelyke plasings