Standerton-buurtwag spoor vermiste kind op


AfriForum se Standerton-buurtwag het op Sondag, 2 September ’n berig op Facebook opgemerk rakende ’n vermiste kind vanuit dié dorp en het dadelik betrokke geraak om meer inligting oor die saak te versamel.

AfriForum het die vermiste kind se ouers gekontak deur middel van die besonderhede wat in die Facebook berig geplaas was en het die SAPD in kennis gestel oor die ouers se vermoede dat die kind by ’n vriendin wegkruip. Die SAPD het AfriForum vergesel tydens ’n soektog by dié vriendin se huis, maar hulle kon die kind nie opspoor nie.

“Met verdere ondersoek is ons na ’n paar ander persele gelei, waar ons uiteindelik daarin geslaag het om haar in Minnaar straat, Stanwest te vind,” sê Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mpumalanga.

Die meisie is aan die skool vanwaar sy vermis geraak het terugbesorg.
SACCW se boodskap oor die vonds was soos volg:
#FOUND_SAFE
Twane Herbst, Standerton MP
Veilig gevind. Dankie aan die SACCW Vermiste Persoon-eenheid, SACCW tegniese bystand en die Standerton SAPD. Dankie ook aan die publiek wat op die kennisgewing gereageer het en leidrade verskaf het. Spesiale dank aan Gerhard Moll, voorsitter van AfriForum se Standerton-buurtwag, wat hard gewerk het om Twane veilig op te spoor.
#saccw_missings

“Ons is baie trots op ons buurtwag wat die gemeenskap tydens hierdie noodgeval kon bystaan,” voeg Pretorius by.

Soortgelyke plasings