Stel jy belang om deel te word van die AfriForum-tak in Wes-Moot se radionetwerk?

Die proses rondom die gebruik van die herhaler is as volg en geld vir AfriForum-lede sowel as nie-lede:

  • Aktiewe AfriForum-lede se radio’s sal gratis ingestel word op die herhaler met nagaan van jou lidnommer of ID-nommer, tot ’n maksimum van twee radio’s per gesin.
  • Nie-AfriForum-lede of enige addisionele radio’s van lede beloop jaarliks R100 (een honderd rand) per radio. Die bewys van betaling moet uitgedruk en saamgebring word en aan die Wes-Moot-bestuur oorhandig word voordat die radio ingestel sal word.
  • Geen kontantbetalings sal aanvaar word nie.
  • Almal moet ’n radiogedragskode (per radio) onderteken om op die herhaler te wees.
  • Slegs ICASA-goedgekeurde radio’s sal ingestel word op die herhaler en alle radio’s sal met ’n wagwoord voorsien word.
  • Die volgende areas val onder die herhaler se opvangsgebied: Mountain View, Daspoort, Pretoria-Tuine, Claremont, Booysens en Suiderberg.

Neem asseblief kennis dat radio’s (bv. HYT TC500, SFE820 en Kenwood TK3107) wat nie met ’n wagwoord toegerus kan word nie, nie ingestel kan word nie. Alle radio’s wat nie aan genoemde vereistes voldoen nie, sal van die herhaler verwyder word.

"*" indicates required fields

Naam en van*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Soortgelyke plasings