Stop onteiening sonder vergoeding!

Die Onteieningswetsontwerp (B 23B – 2020) is weer oopgestel vir ’n volgende rondte van openbare kommentaar. Die wetsontwerp dien tans voor die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) vir goedkeuring. Die NRP is die finale stap voordat die wetsontwerp uitgevaardig word. Vorige kommentaar van die publiek oor dié wetsontwerp is nie by die NRP ingedien nie, maar aan die Nasionale Vergadering. Alle vorige kommentaar moet dus weer ingedien word sodat dit deur die NRP oorweeg kan word.

AfriForum het hierdie proses vir die publiek vereenvoudig en vergemaklik. Al wat ons lede en die publiek moet doen, is om die vorm hier onder in te vul, waarna AfriForum namens jou omvattende kommentaar teen hierdie vernietigende wetsontwerp sal indien.

Teken die petisie hier:

Soortgelyke plasings