TAKSUKSESSE: MEI 2024

GAUTENG

GROTER PRETORIA-NOORD

Apiesrivier

  • Die buurtwag het ’n massapatrollie saam met die SAPD en ander veiligheidsrolspelers gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het opleiding aan vyf traumavrywilligers gebied.

Noord van die berg

  • Die tak se tuinspan het 1 540 swartsakke vullis opgetel.
  • Die tak se tuinspan het 66 vragte vullis weggery.
  • Die tak se tuinspan het 790 km afgelê om al die werk gedoen te kry.
  • Die tak se tuinspan het bossiekappers gebruik om straathoeke netjies te maak.
  • Die tak se tuinspan het verskeie parke se gras gesny en skoongemaak rondom dié parke.

Bronkhorstspruit

  • Die tak het opleiding aan vyf traumavrywilligers gebied.

Groter Moot

  • Die tak se buurtspan het ’n totaal van 45 manure met bossiekappers in die hand bestee.
  • Die tak se buurtspan het ’n totaal van 95 manure met kettingsae in die hand bestee.
  • Die buurtwag se inligtingsnetwerk het nóg twee suksesse behaal.
  • Die tak se buurtspan het boomtakke wat voor verkeerstekens in Hertzog- en Ben Swartstraat, asook in Codonialaan gehang het gesnoei omdat dit moeilik sigbaar was.
  • Die tak se buurtspan het die lang gras naby die spruit tussen 30ste- en 31ste Laan gesny weens die teenwoordigheid van sluipslapers.
  • Die tak se buurtspan het padstrepe in Hertzogstraat voor Waverley Plaza geverf. Dit is gedoen teen ’n koste van R26 000 wat deur Libra Measuring Instruments geskenk is.

Wes-Moot

  • Die buurtwag het die SAPD ondersteun om onluste onder beheer te bring.
  • Buurtwaglede het patrollies gery tydens die nasionale verkiesing om motordiefstal te voorkom.
  • Die tak het ’n hofinterdik bekom om onwettige stakings stop te sit.
  • Taklede het voorbrande gemaak by die Coke-fabriek.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale brandkraanoudit deelgeneem.

Moreletapark

  • Die tak het die middelmanne in Solomon Mahlangurylaan skoongemaak.
  • Die buurtwag het ’n gesteelde voertuig opgespoor.

Bronberg

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale brandkraanoudit deelgeneem.
  • Taklede het met die eerste fase begin om ’n noodwaterpunt op te rig.

GROTER PRETORIA-SUID

Centurion

  • Die tak se buurtspan het ’n skoonmaakprojek in Fjordweg, Valhalla gehou.
  • Die tak se buurtspan het ’n skoonmaakprojek langs die grensmuur met Eldo Urban gehou.
  • Taklede het saam met inwoners gewerk om ’n spoedhobbel in Goshawkstraat aan te bring.
  • Die buurtwag het tydens die Eldo Kuierfees ondersteuning gebied deur patrollies te ry om feesgangers en hul motors te beveilig. 
  • Buurtwaglede het in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsrolspelers aan ’n veiligheidsoperasie deelgeneem.
  • Die tak se buurtspan het die Kloofsig-gemeenskap gehelp tydens ’n skoonmaakprojek in Bothalaan.
  • Die tak se buurtspan het ’n skoonmaakprojek by die Eldoraigne-substasie gehou aangesien dit gereeld onder vandalisme deurgeloop het.
  • Die tak se buurtspan het ’n skoonmaakprojek gehou op die hoek van Berenicia- en Lorraineweg nadat klagtes ontvang is dat boomtakke die stopborde verdoesel.
  • Die tak se buurtspan het die Centurion-begraafplaas skoongemaak as deel van AfriForum se nasionale #HerstelEnVersnel-veldtog.
  • Taklede het onwettige advertensieborde verwyder en aan AfriForum se nasionale brandkraanoudit deelgeneem as deel van die organisasie se nasionale #HerstelEnVersnel-veldtog.

Pretoria-Wes

  • Die tak het ’n gevaarlike park in Danville skoongemaak.

Pionier

  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsrolspelers aan ’n spesiale operasie deelgeneem wat daarop gemik was om ysterpenvoorvalle en ander misdaad stop te sit.

Garsfontein/Faerie Glen

  • Die tak het ’n noodwaterpunt by die N.G. Valleisig-gemeente opgerig.
  • Die tak het daartoe bygedra om die PTA-aksiespan in staat te stel om middelmanne in Hans Strijdomlaan op te knap as deel van AfriForum se nasionale #HerstelEnVersnel-veldtog.

WES-RAND EN VAALDRIEHOEK

Fochville

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale #HerstelEnVersnel-veldtog deelgeneem deur verskeie spoedhobbels en drie brandkrane te verf. 15 liter verf (teen ’n koste van R2 500) is hiervoor gebruik.
  • Taklede het aan ’n gemeenskapsprojek deelgeneem deur ’n grondverskuiwingsmasjien (TLB) te huur en die pad na die oorlaaistasie skoon te skraap en weer begaanbaar vir die publiek te maak.

Vanderbijlpark

  • Die tak het 6,76 ha gras op die middelman voor die Herfsoord-ouetehuis gesny en 30 sakke vullis na die vullisterrein weggery.         
  • Taklede het 4,25 ha gras in Phoenixpark gesny en 60 sakke vullis na die vullisterrein weggery.         
  • Die tak het 6,76 ha gras teen die Barrage-pad agter die Herfsoord-ouetehuis gesny en 30 sakke vullis na die vullisterrein weggery.        
  • Taklede het 7,6 ha gras in die veld teenaan Herbertstraat gesny en 15 sakke vullis na die vullisterrein weggery.         
  • Die tak het 0,76 ha gras in Herschellstraat gesny en 15 sakke vullis na die vullisterrein weggery.        
  • Taklede het by die plaaslike AfriForum-tak se kantore skoongemaak en 0,25 ha gras op die middelman gesny en nege sakke vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het altesaam 154 sakke vullis na die vullisterrein weggery.
  • Taklede het 19,54 ha gras in totaal gesny.
  • Die buurtwag het gereageer op ’n noodroep nadat twee verdagtes by ’n huis in Mumfordstraat probeer toeslaan het. Met die buurtwaglede se aankoms het die verdagtes egter reeds gevlug.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied in Listerstraat waar ’n verdagte besig was om met ’n kragboks te peuter. Die verdagte is uiteindelik deur die SAPD in hegtenis geneem.
  • Die buurtwag het ’n vrou in De Beerstraat gehelp nadat sy deur haar seun aangerand is. Buurtwaglede het ook die SAPD gekontak.
  • Buurtwaglede is uitgeroep ná ’n rooftog by ’n huis in Herfsboulevard. Met hul aankoms het die rowers egter reeds op die vlug geslaan.
  • Die buurtwag is ontbied na Pascalstraat ná ’n onderonsie tussen twee groepe mense.
  • Buurtwaglede het ondersoek ingestel ná klagtes dat die insittendes van ’n taxi drank misbruik het en toe amok begin maak het in Fordstraat.
  • Die buurtwag het gereageer op ’n klagte van inwoners van Siemensstraat en Faradayboulevard oor ’n dronk man wat probeer moeilikheid maak in die buurt.
  • Buurtwaglede het na Buddstraat uitgery nadat Nico Erasmus moeilikheid gemaak het, waarna hulle die SAPD ontbied het.
  • Die buurtwag is na die Bonanne-kleinhoewes ontbied om ’n situasie te probeer ontlont.
  • Buurtwaglede het op verdagtes in Faradayboulevard toegeslaan wat besig was om items uit ’n huis te steel.

Roodepoort

  • Buurtwaglede het 6 930 km in 873 manure gepatrolleer om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag se protospan het ’n vrou gehelp om uit Munsieville te verhuis nadat sy met die dood gedreig is omdat sy oor inligting beskik oor dwelmhandel in haar buurt. Die SAPD het ook gehelp om haar veilig te verskuif en haar besittings na ’n veilige bestemming te neem.         
  • Protospanlede van die buurtwag het in samewerking met die gemeenskap van Georginia probeer om onwettige myners (zama-zamas) vas te trek. Die buurtwag het met ’n raadslid van Roodepoort gereël om die gate wat die zama-zamas gegrou het, te laat opvul.
  • Die buurtwag het saam met die Honeydew-gemeenskapsbuurtwag gewerk om drie kabeldiewe vas te trek wat deur gemeenskapslede aangerand is. Die protospan is ontplooi en het saam met die SAPD en sekuriteitsmaatskappye gewerk om die gewelddadige gemeenskapslede van die diewe weg te kry. Die situasie is uiteindelik suksesvol ontlont en die SAPD het die kabeldiewe in hegtenis geneem. 
  • Buurtwaglede het inligting ontvang oor ’n noodlottige ongeluk. Nadat hulle op die toneel aangekom het is bevind dat albei bestuurders in ’n kritieke toestand was. Hulle het onmiddellik ambulansdienste, asook die SAPD en die Johannesburgse metropolisie (JMPD) ontbied. Die buurtwaglede het verder ook verkeerbeheer toegepas en die ongelukstoneel beveilig.
  • Die buurtwag het ’n bejaarde dame in Fleurhof te hulp gesnel nadat sy in haar eie huis vasgevang was weens lae bloeddruk. Buurtwaglede het ’n ambulans ontbied, waarna hulle suksesvol toegang tot die huis verkry het om solank noodhulp toe te pas.
  • Buurtwaglede het die SAPD gehelp om inligting oor drie inbrekers in te win, waarna die buurtwag en die SAPD die verdagtes suksesvol aangekeer het.
  • Die buurtwag het deurlopend sigbaarheidspatrollies tydens die nasionale verkiesing gehou om hul gemeenskap te beveilig.       
  • Buurtwaglede het saam met EC Sekuriteit gehelp om ’n 8-jarige seun op te spoor nadat hy twee dae lank vermis was, asook om sy 14-jarige sussie te help wat deur hulle ouers aangerand en mishandel word. Albei kinders is uiteindelik uit die sorg van hulle ouers verwyder.
  • Die buurtwag is op nasionale verkiesingsdag na ’n ongelukstoneel ontbied nadat ’n motorfiets en ’n ander voertuig in ’n botsing betrokke was. Die buurtwag het nooddienste ontbied, die toneel beveilig en die verkeer gereguleer.
  • Buurtwaglede het ADT Sekuriteit ondersteun om zama-zamas te help vastrek ná aanhoudende inbrake by ’n verstandelik gestremde hospitaal. Die zama-zamas kon egter daarin slaag om te vlug, waarna voetpatrollies georganiseer is om hulle te probeer aankeer.
  • Die buurtwag het met die Honeydew-gemeenskapsbuurtwag vergader om hulle te help om die oorweldigende diefstal van infrastruktuur te bekamp.       
  • Buurtwaglede het op nasionale verkiesingsdag ’n padblokkade op Ontdekkersweg gehou om sigbaarheid te verhoog.           
  • Die buurtwag het traumaopleiding aan sewe van sy lede gebied.

Meyerton

  • Die buurtwag het verskeie arrestasies help uitvoer, waaronder vir dronk op straat, terwyl hulle ook ’n sak dwelms, twee sakkies “crystal meth” én onwettige sigarette gekonfiskeer het.
  • Buurtwaglede het in samewerking met die SAPD op die bestuurder van ’n verdagte BMW toegeslaan wat vragmotors help kaap het.
  • Die buurtwag het gesteelde boorgatpompe opgespoor en ’n verdagte in hegtenis geneem vir die besit van gesteelde boorgatkabels.
  • Buurtwagpatrolleerders het opleiding in die hantering van handwapens ontvang.
  • Taklede het as waarnemers opgetree by verskillende stemlokale tydens die nasionale verkiesing.

Krugersdorp

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale #HerstelEnVersnel-veldtog deelgeneem deur te help met voorbrande by die Krugersdorp-wildtuin.

OOS-RAND

Alberton

  • Taklede het ’n uiters suksesvolle skoonmaakprojek gehou op die hoek van Swartkoppiesweg en Jacquelinestraat, asook op die hoek van Swartkoppies- en Garfieldweg.

Brakpan

  • Die tak het as gasheer opgetree tydens ’n uiters suksesvolle vergadering wat deur talle rolspelers in die gemeenskap – insluitend die SAPD, die Ekurhuleni-metropolisie, korrektiewe dienste, munisipale amptenare en nooddienste – bygewoon is. Die doel van die vergadering was om uitdagings in die gemeenskap aan te pak.
  • Die tak het vlak 1-noodhulpopleiding vir personeel van die Laerskool Dalpark aangebied.
  • Taklede het in samewerking met Clean Brakpan, ’n plaaslike organisasie, ’n skoonmaakprojek in Minnebron gehou.

Benoni

Boksburg

Edenvale

  • Die tak het ’n skoonmaakprojek gehou op die hoek van Terrace- en Andries Pretoriusweg in Eastleigh.
  • Taklede het ’n skoonmaakprojek gehou, nuwe plaveisel aangelê én plante geplant op die hoek van Terrace- en Andries Pretoriusweg in Eastleigh.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD die verdagte in ’n gepoogde kaping in hegtenis geneem.
  • Buurtwaglede het saam met die SAPD ’n klopjag uitgevoer op huise waar daar met dwelms gehandel is. Drie verdagtes is in hegtenis geneem.
  • Die buurtwag het patrollies gery by die stemlokale tydens die nasionale verkiesing.

Germiston

  • Die tak se brandspan het ’n inligtingsessie bygewoon ter voorbereiding van moontlike onrus tydens die nasionale verkiesing.
  • Die buurtwag het patrollies gery by die stemlokale tydens die nasionale verkiesing.

Kempton Park

  • Tak- en gemeenskapslede het saam ’n skoonmaakprojek by die Zuurfontein-begraafplaas gehou.

Springs

  • Die tak het sy algemene jaarvergadering gehou en ’n nuwe bestuurspan aangewys.
  • Taklede het hul brandkar ingespan om ’n brand by ’n gebou in Daggafontein te help blus.
  • Die buurtwag het saam met die SAPD aan ’n baie suksesvolle sigbaarheidsoperasie deelgeneem.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel in Paul Krugerweg deur nooddienste te ontbied, die toneel te beveilig en die verkeer te reguleer.
  • Die buurtwag het patrollies gery by die stemlokale tydens die nasionale verkiesing.
  • Die tak se brandspan het ’n inligtingsessie bygewoon ter voorbereiding van moontlike onrus tydens die nasionale verkiesing.

MPUMALANGA

Bethal

  • AfriForum se noodwaterpunte by die Gereformeerde Kerk en die Afrikaanse Christelike Kerk is deur inwoners gebruik tydens wateronderbrekings in die dorp.
  • Die tak het in samewerking met Skipgo Teksa weekliks 30 vullisdromme in die dorp leeggemaak.
  • Taklede het meer as 100 kg spinasie geoes wat aan ’n plaaslike sopkombuis geskenk is.
  • Die tak het ’n grassnyprojek langs die N17-snelweg voltooi.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale #HerstelEnVersnel-veldtog deelgeneem en vier grassny-en-skoonmaakprojekte van stapel gestuur.
  • Taklede het ’n slaggatherstelprojek in Tsibitso Sibanyonistraat voltooi. 180 sakke teer is tydens dié projek gebruik.
  • Taklede het ’n slaggatherstelprojek in Begonialaan voltooi. 100 sakke teer is tydens dié projek gebruik.
  • Die tak het kommentaar ingedien op die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).
  • Taklede het 20 nuwe straatligte opgerig as deel van AfriForum se nasionale straatligprojek.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die tak het kommentaar ingedien op die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

Delmas

  • Die Delmas Valke-buurtwag het ses voertuie wat gesteel of gekaap is teruggevind. Verskeie arrestasies is gemaak, insluitend ’n verdagte wat in een van die voorvalle moord gepleeg het.
  • Delmas Valke-buurtwaglede het ondersteuning gebied op 12 verskillende mediese voorvalle.
  • Die tak het kommentaar ingedien op die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

Piet Retief

  • Buurtwaglede het aan ’n massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.

Standerton

  • Die tak het as deel van AfriForum se nasionale #HerstelEnVersnel-veldtog kennisgewingborde langs hoofroetes aangebring wat versoek dat vragmotors nie die dorp se paaie moet gebruik nie.
  • Taklede het ’n projek voltooi waartydens die SAVF-gemeenskapsentrum se plafon herstel is.
  • Die tak het kommentaar ingedien op die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

Ermelo

  • Die tak het kommentaar ingedien op die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

Middelburg

  • Die tak het kommentaar ingedien op die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).
  • Taklede het as deel van AfriForum se nasionale #HerstelEnVersnel-veldtog die konsentrasiekampbegraafplaas skoongemaak en die heining herstel.
  • Die buurtwag het saam met die Bronkhorstspruit-buurtwag patrollie op die N4-snelweg gery om ysterpenvoorvalle te moniteer.

Witbank

  • Die tak het kommentaar ingedien op die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

Nelspruit

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het die park in Melkwegweg skoongemaak.
  • Taklede het gras gesny op die verkeerseiland in Ferreirastraat.
  • Die tak het gras gesny naby die ingang na Nelsville.
  • Taklede het die skouer van die pad in Uitkykweg skoongemaak.
  • Die tak se LPR-kameras het veiligheidsrolspelers gehelp om gesteelde voertuie op verskeie punte te identifiseer.
  • Die tak se noodwaterpunt is deur die stad se inwoners gebruik tydens watertekorte.
  • Taklede het gras gesny in Kremetartstraat en ’n 5 ton-vullishouer met 45 sakke vullis gevul.

Witrivier

  • Die buurtwag se herhaler is met 4 m gelig om beter radiokommunikasie teweeg te bring. 
  • Buurtwaglede het drie sigbaarheidspatrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek voor die polisiestasie se spesiale eenheid gehou.

Lydenburg

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het gras gesny in Chris Lombaardstraat.
  • Die tak het R4 000 aan die Lydenburg Sakekamer geskenk om te help met volhoubare skoonmaakprojekte in die dorp. 

Belfast

  • Die tak se noodwaterpunte is deur die dorp se inwoners gebruik tydens watertekorte.
  • Die tak se asblikprojek het daartoe bygedra om die dorp skoon en netjies te hou.

Machadodorp

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het tien slaggate opgevul.
  • Die tak het twee noodwaterpunte opgerig.
  • Taklede het tien sonkragligte opgerig.

Dullstroom

  • Die tak het vier bykomende sonkragligte in die dorp opgerig.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies saam met die GPF in Dullstroom gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het ’n skoonmaakprojek voor die plaaslike polisiestasie gehou.

LIMPOPO

Naboomspruit    

  • Taklede het verkeerstekens in die dorp vervang en padstrepe oorgeverf.
  • Die tak het ’n straatnaamprojek van stapel gestuur.
  • Taklede het gehelp om verskeie parke skoon te maak.
  • Die tak het die dorp se hoofstraat skoongemaak.
  • Die tak het Solidariteit Helpende Hand se nasorgsentrum vir skoliere skoongemaak.
  • Taklede het talle slaggate opgevul.
  • Die tak het die vullis in Gholfpark verwyder.

Warmbad

  • Taklede het Apiesdoringpark skoongemaak.
  • Die tak het slaggate in Gilfillanstraat opgevul.

Phalaborwa

  • Die tak het gemeenskapslede ondersteun ná ’n onlangse watertekort in die dorp.
  • Taklede het gehelp om die ingang na die dorp skoon te maak.
  • Die tak se bestuurslede het almal as waarnemers opgetree by verskillende stemlokale tydens die nasionale verkiesing.

Potgietersrus  

  • Die buurtwag het opleiding vir sy lede aangebied.
  • Buurtwaglede het verdagtes vasgetrek wat beeste buite die dorp geslag het.
  • Die buurtwag het die SAPD gehelp om onluste by die munisipaliteit te beheer.
  • Buurtwaglede het gehelp met die bestryding van veldbrande naby die Percy Fyfe-natuurreservaat.

Groblersdal

  • Die tak het ’n AfriForum-buurtwag op die dorp gestig.
  • Buurtwaglede het skietopleiding bygewoon.
  • Die tak het ’n gemeenskapsvergadering oor veiligheid gehou.
  • Die buurtwag het noodhulpopleiding vir sy lede aangebied.
  • Buurtwaglede het ’n gebeurlikheidsplan ingeoefen.

Marble Hall

  • Die buurtwag het ’n vuurvegter vir sy lede aangekoop.
  • Buurtwaglede het ’n brand by ’n lapa op die dorp help blus.
  • Buurtwaglede het observasieposte opgerig met die oog op die nasionale verkiesing.

Ellisras

  • Die Beska-plaaswag het ’n gemeenskapsvergadering gehou.

Messina

  • Die buurtwag het op Sondae patrollies rondom die begraafplaas gehou sodat inwoners van die dorp hul afgestorwe geliefdes se grafte kon besoek.

Thabazimbi

  • Die tak het straatname op randstene aangebring.
  • Taklede het die plaaslike park skoongemaak.
  • Die tak het die dorp se watertoevoer herstel.
  • Die buurtwag het saam met die SAPD aan ’n operasie deelgeneem.
  • Taklede het gehelp om die reservoirs op die dorp te herstel.

VRYSTAAT

MOOIRIVIER

Bothaville

  • Die buurtwag het 30 patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Heilbron

  • Taklede het deelgeneem aan ’n optog wat gehou is oor die waterkrisis op die dorp.
  • Die tak het akkurate inligting ingesamel oor sowel die beskikbaarheid as die onbeskikbaarheid van water in die dorp.
  • Die tak het ’n groentetonnel aan die plaaslike skool se landbou-afdeling geskenk. Die groente sal gevolglik tussen die skool se koshuis en die ouetehuis op die dorp verdeel word.
  • Taklede het die dorpsingang vanaf Petrus Steyn skoongemaak.
  • Taklede het die vuil erf langs die munisipaliteit skoongemaak.  
  • Die tak het ’n petisie geloods én ’n veldtog van stapel gestuur oor die swak watervoorsiening op die dorp.

Parys

  • Die tak het ’n optog in die dorp gehou oor swak dienslewering deur die munisipaliteit – in besonder swak watervoorsiening.
  • Taklede het verskeie vergaderings met die munisipaliteit gehou.

Sasolburg

  • Die tak het 20 ha gras gesny.
  • Taklede het ’n stalletjie beman by ’n nuwe mark wat by Die Veiling gehou word.
  • Die buurtwag het elke Sondag die plaaslike begraafplaas vir twee ure lank beveilig sodat inwoners hul afgestorwe geliefdes se grafte kon besoek.
  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery by die noodapteek.
  • Buurtwaglede het ’n spesiale operasie saam met die SAPD by die HTS Sasolburg gehou waartydens messe, sigarette, dwelms en dagga gekonfiskeer is.
  • Die buurtwag het ’n spesiale operasie saam met die SAPD in die dorp gehou en hulle ondersteun tydens inhegtenisnames wat verband hou met onder meer die openbare misbruik van drank en dwelms, openbare urinering en dronkbestuur.
  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies by die D.P. de Villiers-stadion gery tydens skolerugbywedstryde om sowel toeskouers as hul voertuie te beveilig.

Viljoenskroon

  • Die tak het die dorpsingang vanaf Rammulotsi skoongemaak en die gras gesny.
  • Taklede het ’n Welkom in AfriForum-wêreld-bord by die dorpsingang vanaf Bothaville opgerig.
  • Die tak het in samewerking met die gemeenskap die plaaslike begraafplaas skoongemaak.

HOOGLAND

Bethlehem

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het saam met die SAPD aan ’n klopjag deelgeneem om dwelmhandelaars vas te trek.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied tydens ’n noodlanding op die Bethlehem-lughawe.
  • Buurtwaglede het patrollies gery rondom die verskillende stemlokale tydens die nasionale verkiesing. 
  • Die tak het talle slaggate opgevul, die Jordaanrivier skoongemaak en die lang gras in oop velde gesny om te help met die voorkoming van veldbrande gedurende die winter.

Brandfort

Bultfontein

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Frankfort

  • Die tak is besig met ’n proses om asblikke te laat bou wat hulle reg oor die dorp wil aanbring.

Harrismith

  • Die buurtwag het ’n nuwe leier verkies.

Kroonstad

  • Die tak se werkerswaentjie word tans toegerus om aan taklede se spesifieke behoeftes te voldoen. 
  • Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder, het die plaaslike boerevereniging toegespreek rondom die regsaspekte wanneer ’n verdagte geskiet word.

Reitz

  • Taklede het hul eerste projek suksesvol afgehandel deur padstrepe saam met Working on Fire te verf.

Steynsrus

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het patrollies gery rondom die verskillende stemlokale tydens die nasionale verkiesing. 
  • Die tak het saam met gemeenskapslede protes aangeteken teen die munisipaliteit se swak dienslewering, terwyl hulle die gemeenskap ook ondersteun het met watervoorsiening en vullisverwydering.
  • Taklede het 21 sakke vullis by die dorp se poskantoor verwyder tydens ’n skoonmaakprojek wat deel gevorm het van AfriForum se nasionale #HerstelEnVersnel-veldtog.
  • Die tak het sypaadjies en leë erwe skoon en netjies gemaak tydens ’n skoonmaakprojek wat deel gevorm het van AfriForum se nasionale #HerstelEnVersnel-veldtog.

Welkom

  • Geen

NOORDWES

MOOIRIVIER

Klerksdorp

  • Die Songloed- en Hartbeesfontein-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het gehelp met buurtvernuwingsprojekte in La Hoff en Doringkruin.
  • Taklede het die gras van ’n terrein gesny waar ’n pretdraf/pretloop sou plaasvind.
  • Die tak het werklose mense van kos by ’n sopkombuis voorsien indien hulle by skoonmaakprojekte betrokke was.
  • Die tak het ’n geskenk aan die Super 12-deelnemers van die Laerskool Saamtrek oorhandig om hulle sterkte toe te wens met dié kompetisie.
  • Die buurtwag het ’n park in Songloed skoongemaak.
  • Taklede het ’n skoonmaakprojek in Buffelsdoornweg gehou waartydens randstene ook oorgeverf is.
  • Die tak het die polisiestasie se ingang opgeknap.

Potchefstroom

  • Die buurtwag se 193 aktiewe lede het 119 patrollies aangepak waartydens 3 730 km in 387 manure afgelê is.
  • Buurtwaglede het die SAPD gehelp om ’n kabeldief aan te keer.
  • Die tak het ’n geskenk aan die Super 12-deelnemers van die Laerskool Mooirivier oorhandig om hulle sterkte toe te wens met dié kompetisie.
  • Taklede het indringerbome uit die Mooirivier naby KFC verwyder om die vloei van die rivier te verbeter en dit vir misdadige sluipslapers onmoontlik te maak om daar te bly.

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het daagliks probleme soos water- en rioollekkasies, asook ander plaaslikeregeringsakekwessies by die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit aangemeld én dit opgevolg.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

MARICO

 

Rustenburg

  • Die tak het talle slaggate op die hoek van Lucasstraat en Watervallaan in die industriële gebied opgevul. 25 ton teer, asook een drom SS60 Bitumen is tydens dié slaggatherstelprojek gebruik.
  • Taklede het voortgegaan met hul volhoubare grassnyprojek. Hulle het 1,85 ha gras gesny in Kloofweg en rondom die Bobbies-rugbyklub.
  • Die tak het ook aandag gegee aan die infrastruktuur van paaie. Taklede het onder meer vier stopborde vervang en padstrepe geverf op die hoek van Mcgregor- en Lucasstraat, op die hoek van Felicia- en Manukalaan, op die hoek van Kock- en Maraisstraat, asook in Landrosstraat.

 

Zeerust

  • Taklede het voortgegaan met die volhoubare skoonmaakprojek van die Burgermonument. 1 600 m² gras is gesny, waarna ses streepsakke vol gras, blare en takke en ander tuinvullis weggery is.

 

Lichtenburg

  • Die buurtwag het gereageer ná inligting ontvang is oor twee verdagte persone wat op die hoek van 2de Laan en Kerkstraat gewaar is. Buurtwaglede het daarna nadere ondersoek ingestel deur die verdagtes te identifiseer.
  • Buurtwaglede het betyds opgetree om ’n poging tot plundering op die hoek van Dr. Beyers Naudérylaan en 5de Laan te voorkom. Die buurtwag het saam met sekuriteitsmaatskappye en die SAPD gewerk om die groep van 20 mense in hul spore te stuit voordat hulle verskeie winkels kon plunder.
  • Die buurtwag het gereageer op ’n noodroep van ’n vrou in Scholtzstraat wat beweer dat sy deur haar kêrel aangerand is, waarna hy met haar voertuig gevlug het.
  • Die tak het drie nuwe slaggatherstelprojekte suksesvol voltooi en sodoende hul toewyding tot padveiligheid bevestig. In 2de Laan is ’n blok van 120 m² met 4 ton warm teer bedek; in Bantjes- en Greeffstraat, asook in Charlweg is 68 slaggate met 120 sakke teer opgevul; en in Scholtzstraat is 54 slaggate met 112 sakke teer opgevul. Tydens hierdie drie projekte is altesaam 6,9 ton teer en twee dromme SS60 Bitumen gebruik.

 

Brits

  • Buurtwaglede het tydens ’n patrollie op die Sonop-pad ’n verdagte opgemerk wat hulle probeer ontwyk het. Die buurtwag het die verdagte en sy sak gevolglik deursoek en vermoedelik gesteelde ligtehouers (eiendom van die Madibeng Plaaslike Munisipaliteit) daarin gevind.

 

Coligny

  • Taklede het voortgegaan met hulle volhoubare skoonmaakprojek in Voortrekkerstraat. Hierdie projek behels die vee van die pad, rommel optel, die middelmannetjies skoffel en die skoonmaak en die wegry van vullis. Tussen twee en vier vragte vullis en tuinvullis word per dag vanaf Maandae tot Vrydae weggery.

STELLALAND

Vryburg

  • Taklede het die gras by die konsentrasiekampbegraafplaas gesny, vyf sakke vullis verwyder én die plaaslike CVO Skool se klimrame saam met leerders van dié skool geverf.

Christiana

  • Die tak het meer as 0,5 ha gras by een van die ingange na die dorp gesny.

Hertzogville

  • Taklede het meer as 2,5 ton teer gebruik om meer as 42 slaggate in die dorp op te vul.

Delareyville

Wolmaransstad

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Buurtwaglede het ook ’n ekstra patrollie gery om sigbaarheid te verhoog; ses patrolleerders het 185 km in drie voertuie afgelê.

Bloemhof

  • Geen

Biesiesvlei

  • Geen

Sannieshof

  • Geen

KWAZULU-NATAL

Pongola

  • Die tak het ’n gedeelte van die straat op die hoek van Lucas Meyerstraat en Karavaanpark-pad afgeskort om te verfraai. Taklede het ook verskeie dele van die dorp skoongemaak en vullis opgeruim en weggery.

Paulpietersburg

Vryheid

  • Die tak het talle gebeurlikheidsplanne in plek gestel om te dien as teenvoeter vir moontlike protesoptrede tydens die nasionale verkiesing. Buurtwaglede het ook verskeie patrollies vóór en ná die verkiesing gery om seker te maak dat hul gemeenskap veilig is.

Hluhluwe

  • Die tak het talle gebeurlikheidsplanne in plek gestel om te dien as teenvoeter vir moontlike protesoptrede tydens die nasionale verkiesing. Buurtwaglede het ook verskeie patrollies vóór en ná die verkiesing gery om seker te maak dat hul gemeenskap veilig is.

Sodwana

  • Die tak het talle gebeurlikheidsplanne in plek gestel om te dien as teenvoeter vir moontlike protesoptrede tydens die nasionale verkiesing. Buurtwaglede het ook verskeie patrollies vóór en ná die verkiesing gery om seker te maak dat hul gemeenskap veilig is.

Newcastle

  • Die tak het talle gebeurlikheidsplanne in plek gestel om te dien as teenvoeter vir moontlike protesoptrede tydens die nasionale verkiesing. Buurtwaglede het ook verskeie patrollies vóór en ná die verkiesing gery om seker te maak dat hul gemeenskap veilig is.

Laer Suidkus

  • Die tak het talle gebeurlikheidsplanne in plek gestel om te dien as teenvoeter vir moontlike protesoptrede tydens die nasionale verkiesing. Buurtwaglede van Port Edward en Elysium het ook verskeie patrollies vóór en ná die verkiesing gery om seker te maak dat hul gemeenskap veilig is.

Middellande

  • Die tak het talle gebeurlikheidsplanne in plek gestel om te dien as teenvoeter vir moontlike protesoptrede tydens die nasionale verkiesing. Buurtwaglede het ook verskeie patrollies vóór en ná die verkiesing gery om seker te maak dat hul gemeenskap veilig is.

NOORD-KAAP

Kamiesberg

  • Die tak het ’n volhoubare projek van stapel gestuur om Kamieskroon en omliggende dorpe 24 uur per dag, sewe dae ’n week van drinkwater te voorsien met behulp van drie boorgatpompe wat AfriForum in die omgewing geïnstalleer het.

Kakamas

Kathu

  • Die buurtwag het in samewerking met Rhino Sekuriteit en die SAPD deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het die parkeerterrein voor Fit-It gereeld skoongemaak en die bome wat die tak in die parkeerterrein geplant het, natgelei.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Gamagara Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het as waarnemers opgetree by verskillende stemlokale tydens die nasionale verkiesing.
  • Buurtwaglede het patrollies gery rondom die verskillende stemlokale tydens die nasionale verkiesing. 

Keimoes

Kuruman

  • Die Kuruman- en Bankhara-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het vier kameras op Kuruman se hoofroetes geïnstalleer.
  • Taklede het as waarnemers opgetree by verskillende stemlokale tydens die nasionale verkiesing.
  • Buurtwaglede het patrollies gery rondom die verskillende stemlokale tydens die nasionale verkiesing. 

Springbok

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het immuunversterkers aan sowel die inwoners as die personeel van Huis Namakwaland geskenk.
  • Die tak het twee sonkragligte aan Huis Namakwaland geskenk.

Upington

Williston

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Karoo Hoogland Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

Bo-Karoo  

Delportshoop  

Douglas  

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Siyancuma Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.  
  • Die tak het kommentaar ingedien op die Siyancuma Plaaslike Munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

Kimberley  

  • Taklede het voortgegaan met die tak se volhoubare skoonmaakprojek. 

Prieska  

  • Die tak het intern appèl aangeteken na aanleiding van die PAIA-aansoek wat vroeër vanjaar ingedien is. 

Vaalharts  

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Phokwane Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.  
  • Taklede het kommentaar ingedien op die Phokwane Plaaslike Munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

OOS-KAAP

Elliot

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Cradock

Gamtoosvallei

  • Die Kirkwood-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die Kirkwood-buurtwag ontvang binnekort nuwe radio’s met hul eie radionetwerk.

Port Elizabeth

  • Die tak se 21 noodwatertenks het water aan die gemeenskap voorsien in tye wat woonbuurte in dié stad se krane droog was.
  • Die Broadwood- en Walker Drive-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Uitenhage

  • Die Winterberg-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

WES-KAAP

De Doorns

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het die SAPD tydens ’n veiligheidsoperasie ondersteun deur hul hommeltuig in te span.

Helderbergkom

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het vier skole genader waar AfriForum se teenboeliespan meer as 1 000 skoliere in totaal toegespreek het.

Overstrand

  • Die Alfa-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Alfa-buurtwaglede het die SAPD en wetstoepassingsowerhede gehelp met die bekamping van misdaad en die vastrek van onwettige stropers deur die beskikbaarstelling van hul hommeltuig.
  • Die Alfa-buurtwag was op bystand om die SAPD en wetstoepassingsowerhede te ondersteun tydens ’n optog wat moontlik gewelddadig kon raak.
  • Alfa-buurtwaglede het die Helderbergkom-tak ondersteun deur hul hommeltuig in te span tydens ’n onwettige jagtog naby Sir Lowry’s-pas.
  • Die tak het in samewerking met die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye kennisgewingborde opgerig om onwettige stropery en hengelaktiwiteite in die Harderbaai-natuurreservaat te bekamp.
  • Die Alfa-buurtwag het slagoffers van ’n aanval ondersteun deur noodhulp toe te pas totdat nooddienste op die toneel aangekom het.
  • Verskeie van die tak se bestuurslede het as waarnemers opgetree by verskillende stemlokale tydens die nasionale verkiesing.

Paarl

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het ’n gemeenskapsvergadering oor veiligheid gehou om gemeenskapslede te betrek en in te lig oor die plaaslike AfriForum-buurtwag.
  • Die tak het ’n privaat eenheid genader om inligting oor ’n bekende dwelmhuis in die omgewing in te samel sodat aksie geneem kan word om dié dwelmhuis te sluit.
  • Verskeie van die tak se bestuurslede het as waarnemers opgetree by verskillende stemlokale tydens die nasionale verkiesing.

Stellenbosch

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het die SAPD tydens verskeie veiligheidsoperasies ondersteun deur hul hommeltuig in te span.
  • Die tak het aanhoudend druk op die Stellenbosch Plaaslike Munisipaliteit uitgeoefen rakende waterbesoedeling in die omgewing.
  • Die tak het een van sy lede na Orania gestuur vir vlak 2-opleiding.

Strand

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het gereageer nadat ’n brand by een van hul lede se huise uitgebreek het; die buurtwag het die brand geblus nog voordat die brandweerdiens op die toneel aangekom het.

Worcester

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het vier kameras in hul gebied geïnstalleer wat gereeld gemoniteer word en reeds tot die bekamping van misdaad bygedra het.

Durbanville

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery – veral in die sentrale sakekern – om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het patrollies gery rondom die verskillende stemlokale tydens die nasionale verkiesing. 
  • Die buurtwag het ekstra operasies saam met die SAPD aangepak in verskeie plekke van die dorp waar misdaadaktiwiteite meer gereeld plaasvind.
  • Buurtwaglede het in samewerking met ander instansies soos MES aan verskeie aksies en projekte deelgeneem. Hulle het byvoorbeeld 125 hawelose mense saam met die SAPD en maatskaplike werkers besoek en ondersteun, asook talle leeglêers van die strate en uit die buurt verwyder. 72 van hulle is reeds verplaas of met hulle families herenig.

Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hulle gemeenskap te beskerm.
  • Bellville-buurtwaglede is na ’n park ontbied ná ’n ontploffing ’n brand veroorsaak het. Hulle kon met hul toerusting die brand beheer en die verdere verspreiding van die brand inperk totdat die brandweer opgedaag het.
  • Die Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gery en die SAPD tydens verskeie operasies ondersteun. Hulle het ook ekstra patrollies tydens die nasionale verkiesing gery en padblokkades saam met die SAPD beman.
  • Die tak het gereeld parke in Bellville skoongemaak. Tydens skoonmaakprojekte is dwelmgebruikers se artikels soos spuitnaalde en verwante items ook verwyder. 
  • AfriForum se teenboeliespan het besoek by talle skole afgelê.

Kraaifontein

  • Taklede het aan ’n opknappingsprojek deelgeneem waar hulle parke skoonmaak deur die gras te sny en vullis op te tel. Dit sluit die nuwe parke langs die Van Riebeeck-hoofingang in.
  • Die tak het ’n AfriForum-buurtwag in Kraaifontein gestig wat reeds ’n massapatrollie saam met die SAPD gehou het.
  • AfriForum se teenboeliespan het die Laerskool Aristea besoek.
  • Die buurtwag se samewerkingsooreenkoms met Titanium Sekuriteit het ook al tot talle suksesse gelei, waaronder inhegtenisnames deur die SAPD. Die ooreenkoms behels onder meer die uitruil van kameras om inligting te bekom.

Malmesbury

  • Die Rondeberg-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Rondeberg-buurtwaglede het ’n massapatrollie saam met die SAPD en ander wetstoepassingsowerhede gehou.
  • Die Rondeberg-buurtwag se nommerplaatherkenningskameras het daartoe bygedra dat inligting rakende misdaad vinnig aan die SAPD oorgedra kan word, veral wanneer voortvlugtende voertuie gesoek word.
  • Die Malmesbury-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Hulle het ook gereageer op noodroepe uit die gemeenskap.
  • Malmesbury-buurtwaglede het drie operasies saam met die SAPD, die verkeersdepartement en ander wetstoepassingsowerhede gehou waartydens hulle blouligpatrollies gehou en padblokkades opgerig het. Hulle het ook as die oë en ore van die SAPD opgetree tydens patrollies in landelike gebiede.

Matzikama

  • Die De Draai-, Draaihoek-, Holrivier-, Klawer-, Kleinrivier-, Koekenaap-, Lutzville-, Matzikama-, Nuwerus-, Spruitdrif-, Trawal- en Vanrhynsdorp-plaaswag, asook die Lutzville- en Vredendal-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Al die plaas- en buurtwagte in die Matzikama-distrik het aan spesiale operasies saam met die SAPD en die verkeersdepartement op die N7-snelweg én in landelike gebiede deelgeneem. In een voorval is ’n gewapende man in ’n voertuig opgemerk, waarna daar vasgestel is dat die voertuig as gesteel aangemeld is.
  • Al die plaas- en buurtwagte in die Matzikama-distrik het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Klawer-buurtwag het klagtes by die SAPD ingedien om ondersoek te word. Tydens gesprekke met die plaaslike GPF en ander belangegroepe is dit duidelik dat groot suksesse behaal is nadat genl. Dyantyi, die SAPD se streeksgeneraal, self aandag aan hierdie klagtes gegee het én met die onderskeie strukture ontmoet het.
  • Die tak het twee Welkom in AfriForum-wêreld-borde in Vredendal opgerig.

Weskus

  • Die Langebaan-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die Hopefield-plaaswag het deurlopend patrollies gery én observasieposte opgerig om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die Langebaan-buurtwag én Hopefield-plaaswag het patrollies gery rondom die verskillende stemlokale tydens die nasionale verkiesing. 
  • Die tak het met genl. Dyantyi, die SAPD se streeksgeneraal, onderhandel en gesprekke met hom gevoer om verhoudings aan beide kante te versterk.

George

  • Die Geelhoutboom-, Herold- en Kammanassie-plaaswag, asook die Hoekwil-plotwag en Victoriabaai-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig. 
  • Taklede het twee weke lank ondersteuning gebied aan reddingswerkers op die toneel waar ’n gebou in George inmekaargestort het.
  • Die tak het ’n toekenning van die SAPD ontvang vir hul ondersteuning tydens die reddingsoperasie in George.
  • Taklede het as waarnemers opgetree by verskillende stemlokale tydens die nasionale verkiesing.

Hessekwa

  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale brandkraanoudit deelgeneem.
  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het saam met die Swellendam-buurtwag gewerk om die SAPD te ondersteun tydens die inhegtenisname van verdagtes.
  • Taklede het ’n skoonmaakprojek gehou as deel van AfriForum se nasionale #HerstelEnVersnel-veldtog.
  • Taklede het as waarnemers opgetree by verskillende stemlokale tydens die nasionale verkiesing.

Kaap Agulhas

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale brandkraanoudit deelgeneem.
  • Taklede het padverf aan die Kaap Agulhas Plaaslike Munisipaliteit geskenk as deel van AfriForum se nasionale #HerstelEnVersnel-veldtog.

Kannaland

  • Die plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale brandkraanoudit deelgeneem.
  • Taklede het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se nasionale #HerstelEnVersnel-veldtog.

Knysna

Mosselbaai

  • Die Herbertsdale- en Groter Brandwag-plaaswag, asook die Glentana- en Groot Brak-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak se jeugvleuel het ’n kursus oor kardiopulmonêre resussitasie (KPR) bygewoon.
  • Taklede het ’n kranslegging bygewoon as ’n eerbetoon aan oud-weermaglede.
  • Taklede het as waarnemers opgetree by verskillende stemlokale tydens die nasionale verkiesing.
  • Die tak het as deel van AfriForum se nasionale #HerstelEnVersnel-veldtog ’n ondersoek van stapel gestuur oor ’n oliestorting wat tot grootskaalse besoedeling aanleiding gegee het.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale brandkraanoudit deelgeneem.

Oudtshoorn

  • Die Oudtshoorn- en De Rust-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Oudtshoorn-buurtwaglede het die SAPD ondersteun tydens ’n soektog na verdagtes.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale brandkraanoudit deelgeneem.
  • Taklede het hondekos en ander benodighede aan die munisipale skut geskenk as deel van AfriForum se nasionale #HerstelEnVersnel-veldtog.

Robertson (Langeberg)

  • Die tak het gereorganiseer deur nie net ’n nuwe bestuur te verkies nie, maar ook die tak se naam te verander na die Langeberg-tak.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale brandkraanoudit deelgeneem.
  • Taklede het ’n skoonmaakprojek gehou as deel van AfriForum se nasionale #HerstelEnVersnel-veldtog.

Swellendam

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het die SAPD ondersteun tydens ’n soektog na ’n vermiste man.
  • Die buurtwag het ’n nuwe kantoor betrek en toegerus om as beheerkamer te dien.
  • Buurtwaglede het die SAPD van inligting voorsien wat gelei het tot die opspoor van gesteelde toerusting.
  • Die buurtwag het ’n operasie saam met die SAPD uitgevoer waartydens daar beslag gelê is op meer as 500 liter drank, asook dwelms en sigarette.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale brandkraanoudit deelgeneem.
  • Taklede het sonkragligte in die dorp aangebring as deel van AfriForum se nasionale #HerstelEnVersnel-veldtog.
  • Die buurtwag het saam met die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag gewerk om die SAPD te ondersteun tydens die inhegtenisname van verdagtes.

Soortgelyke plasings