TAKSUKSESSE: JULIE 2023

NOORDSTREEK

GAUTENG

GROTER PRETORIA-NOORD

Noord van die berg

  • Die tak se tuinspan het voortgegaan met talle van sy projekte.
  • Die tak se tuinspan het 1 294 swartsakke vullis opgetel.
  • Die tak se tuinspan het 36 vragte vullis weggery.
  • Die tak se tuinspan het 8 ha gras gesny.
  • Taklede het 12 slaggate opgevul.
  • Die tak se tuinspan het elke Maandag 13 parke skoongemaak.
  • Taklede het gehelp om die Heldeakker skoon te maak.
  • Die tak het verskeie begraafplase skoongemaak.
  • Die tak se tuinspan het strate skoongevee – ’n afstand gelykstaande aan 5 km.

Bronkhorstspruit

  • Die buurtwag het gereeld sigbaarheidspatrollies gehou.
  • Die buurtwag het gehelp om ’n veldbrand op Klipeiland te blus, asook ’n huisbrand in Sara- en 2de Laan, én in die woonbuurt Masada.
  • Die buurtwag het inbrekers tydens ’n huisroof vasgetrek.
  • Buurtwaglede het studente op die N4-snelweg ondersteun.
  • Die buurtwag het ’n verdagte aangekeer tydens ’n aanval op Leeuwfontein.
  • Taklede het protesaksies van munisipale werkers gereeld gemoniteer.

Wes-Moot

  • Die tak het skoonmaakprojekte by Japie le Roux-park gehou.

Moreletapark

  • Die tak het ’n volhoubare groenteprojek by Doring en Rosie Kleuterskool van stapel gestuur.

Groter Moot

  • Die tak se buurtspan het 29 swartsakke vullis opgetel.
  • Die tak se buurtspan het 320 manure met die bossiekappers gewerk.
  • Die tak se buurtspan het die gras rondom die spruite gesny.
  • Die tak se buurtspan het op versoek van die gemeenskap die area rondom ’n reservoir skoongemaak en beveilig.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel.
  • Die buurtwag het ’n twee-eenheid-patrollie gehou.
  • Taklede het ’n verfprojek in Codonialaan voltooi.

WES-RAND EN VAALDRIEHOEK

Heidelberg

  • Die buurtwag het ’n groot en suksesvolle operasie saam met die SAPD op die N3-snelweg gehou waartydens drie vuurwapens by verdagtes gevind is.
  • Buurtwaglede het weer eens nagskietwapenopleiding bygewoon.
  • Taklede het danksy hul selfdoenprojek 2 500 slaggate in 12 maande opgevul.  

Fochville

  • Taklede het in samewerking met die gemeenskap vyf substasies en 25 mini-substasies beveilig om te verhoed dat die infrastruktuur gevandaliseer word.

Krugersdorp

  • Taklede het padtekens voor die Laerskool Ebenhaeser en die HTS Nic Diederichs oorgeverf.
  • Die tak het 25 brandkrane nagegaan, getoets en geverf.

Vanderbijlpark

  • Die buurtwag het ondersteuning gebied in Pasteurboulevard nadat ’n Ford Ranger gesteel is.                                                      
  • Buurtwaglede het hulp verleen aan nooddienste op ’n ongelukstoneel deur die verkeer te reguleer en die toneel te beveilig.
  • Die buurtwag het ’n vrou te hulp gesnel nadat sy dreigemente ontvang het.
  • Buurtwaglede het nóg ’n vrou ondersteun nadat haar seun haar gedreig het ná ’n beskuldiging dat sy ma sy geld gesteel het. Die vrou se seun is ’n dwelmverslaafde.
  • Die buurtwag het ondersoek ingestel nadat boosdoeners met elektriese kragbokse gepeuter het.
  • Buurtwaglede het hul vuurvegter ingespan om ’n brand by ’n woning te help blus.
  • Die tak het 90 klagtes rakende kragonderbrekings ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het sewe klagtes rakende waterlekkasies en ander waterverwante probleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het drie klagtes rakende rioolprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Taklede het Herbertstraat skoongemaak en vullis na die vullisterrein weggery.
  • Taklede het skoongemaak naby Herfsoord-ouetehuis. Hulle het ook al die gras en blare na die vullisterrein weggery.
  • Taklede het slaggate opgevul in Jean Websterstraat, terwyl hulle ook die veld aangrensend aan dié straat se gras gesny het.
  • Taklede het Pasteurboulevard skoongemaak en vullis na die vullisterrein weggery.
  • Taklede het die park in Maxwellstraat se speelterreintoerusting oorgeverf en die blare in die park opgetel en weggery.                
  • Taklede het Phoenixpark in samewerking met die DA skoongemaak deur gras te sny en die gras en blare na die vullisterrein weg te ry.

Westonaria

  • Die tak het 35 klagtes rakende kragprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het 41 klagtes rakende waterprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het 48 klagtes rakende rioolprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het 15 klagtes rakende vullisprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.

OOS-RAND

Alberton

  • Die buurtwag het op ’n vragmotor afgekom wat op die R59-snelweg aan die brand geslaan het, waarna hulle die nooddienste ontbied het.
  • Buurtwaglede het inligting ontvang oor ’n Toyota Starlet wat in die Newmarket-area in Alberton gesteel is. Die buurtwag het saam met ander buurtwagte en nasporingsfirmas gewerk en die voertuig uiteindelik in Mamelodi, oos van Pretoria, opgespoor.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n toneel in Alberton-Noord waar ’n persoon aangerand is. Nooddienste is ontbied en die pasiënt is vir beserings behandel.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD en die Ekurhuleni-metropolisie ’n operasie uitgevoer waartydens ’n voertuig afgetrek is en ’n gewapende verdagte uit die voertuig geklim het. Ongeveer 30 skote is oor en weer gevuur. Hoewel die verdagte daarna probeer vlug het, het ’n buurtwaglid hom aangekeer. ’n AK-47-aanvalsgeweer is op die toneel gevind.

Brakpan

  • Buurtwaglede het die noodhulpstasie beman tydens die kwartaallikse Afrikaanse musiekfees wat by Rose Tulee in Dalview gehou is.
  • het in groot getalle in samewerking met talle plaaslike veiligheidsrolspelers aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het as gasheer opgetree tydens ’n suksesvolle vergadering waar alle rolspelers in die gemeenskap – insluitend die SAPD, die Ekurhuleni-metropolisie, korrektiewe dienste, die munisipaliteit en nooddienste – bymekaar gekom het om die gemeenskap se uitdagings aan te pak.

Benoni

  • Die buurtwag het 2 192 km in 374 manure afgelê om die dorp te beveilig.
  • Die tak het saam met plaaslike rolspelers ’n suksesvolle omgewingsbewustheiddag by die Homesteaddam gehou waartydens die park en dam skoongemaak is en nuwe kennisgewingborde opgerig is met die fokus op die bewaring van die Benoni Homestead-ekostelsel.
  • Taklede het 49 groot en klein slaggate opgevul deur sowat 50 sakke teer te gebruik. Daar is veral gefokus op Sangiro-, De la Mare- en Lawrencestraat, asook Wilge-, Reitz- en Geduldweg.
  • Die tak het in samewerking met Clean Projects-tuindienste ’n skoonmaakprojek op die hoek van Mercurystraat en Great Northweg gehou waartydens vullis opgetel en rantstene geverf is.
  • Die buurtwag het sy vuurvegter ingespan by ’n gemeenskapslid se woning toe sy lapa aan die brand geslaan het.
  • Die buurtwag het die gemeenskap ondersteun nadat ’n inwoner van Farrarmere vermoedelik selfmoord gepleeg het.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel in Presidentstraat in Rynfield. Die bestuurder van die voertuig is deur sy eggenoot na die hospitaal vervoer.

Boksburg

  • Taklede het hul hulp aangebied en die gemeenskap gehelp om ’n park in Atlasville skoon te maak.

Edenvale

  • Buurtwaglede het ’n familie ondersteun nadat geliefdes weens ’n siekte oorlede is.
  • Die tak het in samewerking met gemeenskapslede ’n skoonmaakprojek in Denver Park gehou.
  • Taklede het agt slaggate in die dorp opgevul.

Germiston

  • Buurtwaglede het tydens ’n protesaksie in die Dinwiddie-area ondersteuning gebied, die situasie kalmeer en die gemeenskap beveilig nadat betogers paaie versper het.
  • Die tak het inligting ontvang oor ’n persoon wat onder die invloed bestuur het op die R21-snelweg. Buurtwaglede het die voertuig onderskep en tot ’n stilstand gebring om die veiligheid van ander padgebruikers te verseker, waarna die nodige owerhede ontbied is.
  • Die buurtwag en plaaslike rolspelers het inligting ontvang oor ’n Nissan NP200-bakkie wat betrokke was by ’n gewapende rooftog. Die voertuig is op kamera opgetel en deur CPG Sekuriteit en die buurtwag onderskep. Die verdagtes is daarna aan die SAPD oorhandig.
  • Die tak se jeugvleuel het in samewerking met plaaslike rolspelers in die gemeenskap ’n skoonmaakprojek in North Reefweg gehou. 100 sakke vullis is tydens die projek verwyder.

Kempton Park

  • Buurtwaglede het in samewerking met plaaslike rolspelers ondersteuning op ’n ongelukstoneel op die P91 gebied.
  • ‘n Buurtwaglid het ’n kwalifikasie in traumabystand verwerf. Dit gaan ’n reuseverskil in die gemeenskap maak en die tak die vermoë bied om slagoffers self te ondersteun.
  • Die tak het ’n slaggatherstelprojek van stapel gestuur waartydens slaggate in Kiaatstraat in Van Riebeeck Park opgevul is.
  • Die tak het in samewerking met die Norkem Park GPF die gemeenskap gehelp om ’n vermiste vrou op te spoor wat in ’n mangat geval en haarself beseer het. 
  • Buurtwaglede het saam met plaaslike rolspelers (die SAPD en die Ekurhuleni-metropolisie) gewerk om die gemeenskap veilig te hou tydens die uitsetting van onwettige plakkers in The Glen Marikana.

Springs

  • Die tak het in samewerking met plaaslike rolspelers ’n projek afgeskop om George Sutter-park weer skoon en netjies te maak deur gras te sny en vullis op te tel, terwyl hulle ook die naambord voor die park geverf het.
  • Die buurtwag het aan ’n suksesvolle distriksoperasie saam met die SAPD en die plaaslike GPF deelgeneem. Tydens die operasie is daar gefokus op die onwettige handel van alkohol en vier arrestasies is ook gemaak. 
  • Die buurtwag het ’n suksesvolle buurtwaginligtingsessie gehou waartydens die buurtwag se protospanlede die kennis oorgedra het wat hulle by ’n onlangse opleidingskursus geleer het.
  • Die buurtwag het die gemeenskap in Daggafontein tydens ’n veldbrand ondersteun. Buurtwaglede het die brand dopgehou en uiteindelik geblus.

MPUMALANGA

Bethal

  • Die tak se waterpunt kan deur inwoners gebruik word indien die dorp se watertoevoer onderbreek word.
  • Die tak en Skipgo Teksa het weekliks 30 asblikke in die dorp gediens.
  • Taklede het slaggate in Clerqstraat voor die Laerskool H.M. Swart opgevul.
  • Taklede het slaggate in Kleijnhans-, Clerq- en Malherbestraat opgevul

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die buurtwag het op verskeie ongelukstonele ondersteuning gebied.

Delmas

  • Die Delmas Valke-buurtwag het ’n hommeltuigpatrollie op die N12-snelweg geloods om voorvalle te beveg waartydens ysterpenne en ander skerp voorwerpe oor die pad geplaas word.
  • Delmas Valke-buurtwaglede het ’n gesteelde motor teruggevind.
  • Die tak het inwoners van Delmas, Eloff en Sundra gehelp met toegang tot water nadat dié dorpe se krane leeggeloop het.

Piet Retief

  • Die tak se jeugvleuel het meer as 200 komberse ingesamel en aan kerke in die omgewing geskenk.

Standerton

  • Die tak het ’n skoonmaakprojek saam met Lekwa Cleanup Crew rondom The Junxion Complex-winkelsentrum van stapel gestuur.
  • Die tak het verskeie slaggatherstelprojekte in Beyers Naudéstraat gehou.
  • Taklede het verkeersligte herstel wat besig was om om te val.

Middelburg

  • Die tak het ’n projek van stapel gestuur om die DBV se geboue te herstel en oor te verf.

Nelspruit

  • Buurtwaglede het gereeld patrollies gehou om sigbaarheid te verhoog.
  • Die buurtwag het tydens patrollies op verskeie ongelukstonele ondersteuning gebied deur die verkeer te reguleer en die toneel te beveilig.
  • Buurtwaglede het 14 ure lank gehelp om verkeer te reguleer ná ’n vragmotor in ’n ongeluk betrokke was op die Uitkyk-pad.
  • Die buurtwag se traumavrywilligers het drie gesinne ondersteun ná traumatiese voorvalle in die dorp.

Witrivier

  • Die buurtwag het tydens patrollies op verskeie ongelukstonele afgekom en ondersteuning gebied deur die verkeer te reguleer en die toneel te beveilig.
  • Buurtwaglede het gehelp met die soektog na ’n vermiste inwoner van die dorp.
  • Die buurtwag het gereeld patrollies gehou om sigbaarheid te verhoog.

Lydenburg

  • Buurtwaglede het gereeld patrollies gehou om sigbaarheid te verhoog.
  • Die tak het R3 200 aan die plaaslike sakekamer geskenk met die doel dat dit op volhoubare skoonmaakprojekte spandeer word.
  • Buurtwaglede het gehelp met vullisverwydering tydens die munisipale staking.
  • Die tak het ’n skrywe aan die munisipaliteit gerig om ’n einde te bring aan die voortslepende munisipale staking.

Belfast

  • Die tak se noodwaterpunte het goed gefunksioneer tydens watertekorte in die dorp.
  • Die tak se asblikprojek het gehelp om die dorp skoon en netjies te hou.
  • Die tak het ’n skakel beskikbaar gestel waar inwoners waterprobleme aanlyn kan aanmeld.

Machadodorp

  • Buurtwaglede het gereeld patrollies gehou om sigbaarheid te verhoog.
  • Taklede het 45 slaggate in Tobiasstraat opgevul.

Dullstroom

  • Buurtwaglede het gereeld patrollies saam met die plaaslike GPF gery.
  • Die tak het 1 ton hout aan die epilepsie-gemeenskapsentrum op die dorp geskenk om sodoende te verseker die sentrum kan verhit word tydens die ysige weer wat dié winter in die dorp ervaar is.

LIMPOPO

Ellisras

  • Die plaaswag se radiotoring is uiteindelik opgerig.
  • Taklede het brande in en om die dorp help bestry.
  • Die tak het aan verskeie grondeise gewerk.
  • Die tak het brandbestrydingsklere van die myn ontvang.
  • Die tak het met die myn onderhandel om ’n bakkie te skenk wat taklede kan gebruik om brande te help bestry.

Pietersburg

  • Die tak het sy derde trolliepatrollie gehou.
  • Die tak het nuwe toerusting vir sy lede aangekoop.
  • Buurtwaglede het gereeld patrollie gery om sigbaarheid te verhoog.
  • Die buurtwag beplan om aan AfriForum se nasionale massapatrollie deel te neem.

Tzaneen

  • Buurtwaglede het gereeld patrollie gery om sigbaarheid te verhoog.
  • Die buurtwag beplan om aan AfriForum se nasionale massapatrollie deel te neem.
  • Die tak beplan om ’n slaggatherstelprojek te hou.
  • Taklede het water aangery vir inwoners wat sonder water gelaat is.
  • Die buurtwag het nou saam met die plaaslike GPF gewerk.

Messina

  • Buurtwaglede het gereeld patrollie gery om sigbaarheid te verhoog.
  • Die buurtwag beplan om aan AfriForum se nasionale massapatrollie deel te neem.
  • Die tak is besig om ’n projek te beplan saam met AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid vir die noordstreek.

Thabazimbi

  • Die buurtwag beplan om aan AfriForum se nasionale massapatrollie deel te neem.
  • Die buurtwag het nuwe toerusting vir sy lede aangekoop.
  • Die tak het nuwe klere vir sy lede aangekoop.

Potgietersrus

  • Die tak het ’n winterprojek van stapel gestuur en die media uitgenooi om die bekendstelling daarvan te dek.
  • Buurtwaglede het gereeld patrollie gery om sigbaarheid te verhoog.
  • Die tak het teer aangekoop om te gebruik tydens ’n slaggatherstelprojek.
  • Die tak het nuwe toerusting aangekoop.
  • Die buurtwag beplan om aan AfriForum se nasionale massapatrollie deel te neem.

Phalaborwa

  • Die tak het die plaaslike aftreeoord op verskeie terreine ondersteun en die media na die projekte uitgenooi.

SENTRAALSTREEK

VRYSTAAT

MOOIRIVIER

Bothaville

  • Die buurtwag het 30 patrollies gery.
  • Die tak het ’n dringende skrywe aan die Nala Plaaslike Munisipaliteit gerig oor die rioolstorting in die Valsrivier.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem en ’n skattejag deel van die patrollie gemaak.

Heilbron

  • Die tak het ’n kontrakteur aangestel wat weerskante van Kerkstraat opgeruim het; gras is gesny, die plaveisel en middelmannetjies is skoongemaak, vullis is opgetel, die pale van die stoptekens is geverf, die randstene is geverf en die bome is gesnoei.

Parys

  • Die tak het voortgegaan om druk op munisipale amptenare toe te pas oor die water- en kragkrisis op die dorp.
  • Die tak het ’n skrywe aan die minister van Water en Sanitasie gerig omdat sy beloftes oor Parys se waterkrisis wat nie nagekom is nie.
  • Die tak het met die nuwe munisipale bestuurder vergader en hom op ’n toer vergesel om talle probleme op die dorp uit te wys.
  • Taklede het namens die munisipaliteit kwotasies vir ’n kragopwekker aangevra.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Sasolburg

  • Die tak het deur die loop van die maand 4 ha gras gesny.
  • Die tak het op Saterdag 29 Julie weer hulle maandelikse mark in die Hoëveldse Tuine op die dorp gehou; meer as 15 stalletjies het produkte uitgestal. Die tak hou elke laaste Saterdag van die maand ’n mark in die tuine.
  • Die buurtwag het talle patrollies gery en die SAPD met verskeie operasies ondersteun. Buurtwaglede het onder meer gehelp om arrestasies uit te voer vir die handel en besit van dwelms, asook vir bestuur onder die invloed van alkohol.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Taklede het met die burgemeester en die DA vergader; Helen Zille was ook teenwoordig.

ROSESTAD

Algemeen

  • Volhoubare skoonmaakprojekte is weekliks by die volgende plekke gehou:
  • Nelson Mandelaweg
  • Curielaan
  • Du Plessisstraat (asook die park)
  • Gardeniapark (park)
  • Rayton-Heuwelsig (parke)
  • Hillsboro (park)
  • Brits-monument
  • Ou Presidensie se tuin
  • Pres. Brand-begraafplaas

Langenhovenpark

  • Die Bainsvlei SAPD het die tak se lugvleuel gekontak vir ondersteuning met lugsteunvermoë tydens ’n operasie. Daar is op dwelms, gesteelde eiendom en ’n Trojan-tuisgimnasium afgekom. Onwettige inwoners is sommer terselfdertyd van die koppie in Langenhovenpark verwyder.
  • Die buurtwag het inligting ontvang dat drie verdagtes besig was om besproeiingsdeksels in Du Plessisstraat te steel. Buurtwaglede het binne minute gereageer en die verdagtes in samewerking met VR Sekuriteit en die Bainsvlei SAPD aangekeer. Verskeie voertuigonderdele is ook in hul besit gevind. Die buurtwag is in kennis gestel dat pogings tot huisbraak in Langenhovenpark begin toeneem het, waarna die buurtwag ’n operasie beplan het om die verdagtes vas te trek. Die operasie is suksesvol uitgevoer in samewerking met VR Sekuriteit en die Bainsvlei SAPD en ’n aantal verdagtes is uiteindelik in hegtenis geneem.

Pellissier

  • Die buurtwag het inligting ontvang dat gesteelde goedere op ’n spesifieke terrein geberg word. Buurtwaglede het op 54 “Te koop”-borde van eiendomsagente afgekom met ’n geskatte waarde van R6 210. Geen arrestasies is nog gemaak nie, maar verdere ondersoek word gedoen. Die eiendomsagente is ook geskakel om die borde aan hulle terug te besorg.

Wilgehof

  • AfriForum se Sektor 3-buurtwag, die Hospitaalpark-buurtwag en die Pellissier-buurtwag het ’n gesamentlike patrollie in Wilgehof gehou. Die doel hiervan was om sigbaarheid in Bloemfontein se suidelike voorstede te verhoog.

Fichardtpark

  • Buurtwaglede het tydens ’n roetinepatrollie ’n versoek vir ondersteuning van die FWA ontvang rakende die moontlikheid van dwelms en kriminele aktiwiteite by ’n huis in die buurt. Die buurtwag het in samewerking met die FWA, die NCA, Senforce Sekuriteit en ADT/Fidelity by die huis bymekaargekom en dit deursoek. Tydens die soektog is daar op ’n persoon afgekom wat moontlik onder die invloed van dwelms was.
  • Buurtwaglede het ondersteuning op ’n ongelukstoneel gebied deur die toneel te beveilig, die verkeer te reguleer en die nooddienste te kontak, waaronder ER24, VR Mediese Dienste, die SAPD se blitspatrollie-eenheid en die brandweer.

Uitsig

  • Die buurtwag het ’n oproep ontvang oor ’n huisbraak wat besig was om in Fleurdal plaas te vind. ’n Sekuriteitsmaatskappy en die SAPD se blitspatrollie-eenheid was ook binne minute op die toneel. Die verdagte is gevolglik vinnig vasgetrek en die gesteelde items is in sy besit gevind.

NOORDWES

MOOIRIVIER

Klerksdorp

  • Die Songloed- en Hartbeesfontein-buurtwag, asook die Hartbeesfontein-plaaswag het gereeld patrollies gery.
  • Die Songloed- en Hartbeesfontein-buurtwag, asook die Hartbeesfontein-plaaswag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die Hartbeesfontein-buurtwag én -plaaswag het gehelp om brande te blus.
  • Taklede het voortgegaan met die skoonmaak van Buffelsdoornweg.

Potchefstroom

  • Buurtwagpatrolleerders (191 aktiewe lede) het 106 patrollies deur die loop van die maand gery. 3 660 km is in 358 manure afgelê.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Taklede het 65 sakke teer gebruik om 16 m² se slaggate in Govan Mbekiweg op te vul.
  • Taklede het riete langs die Mooirivier afgesny om te verhoed dat sluipslapers daar slaap; sodoende is die gebied ook beveilig.

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het daagliks kwessies soos water- en rioollekkasies, asook ander soortgelyke probleme by die munisipaliteit aangemeld én dit gereeld opgevolg.
  • Buurtwaglede het daagliks patrollies gery.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

MARICO

Hartbeespoort

  • Die tak het ’n aanmaningsbrief aan die munisipale bestuurder van die Madibeng Plaaslike Munisipaliteit gerig. Dít volg nadat dit aan die lig gekom het dat ’n sloot gegrawe is om rou riool direk na die Hartbeespoortdam te kanaliseer en dat ’n mangat wat oorvloei ook in dié dam inloop.
  • Takvoorsitter Dennis Webster het ’n strafregtelike klag by die Hartbeespoortdam-polisiestasie ingedien teen Sello Maroga, waarnemende munisipale bestuurder van die Madibeng Plaaslike Munisipaliteit.
 Lichtenburg

  • Taklede het nagenoeg 90 slaggate opgevul as deel van hulle volhoubare slaggatherstelprojek. Die tak het spesifiek op 2de Laan en Breëstraat gefokus omdat dié paaie baie verkeer dra en verskeie motorbande al daar beskadig is.
  • Die tak het voortgegaan met sy slaggatherstelprojek ten einde padveiligheid in dié dorp te verbeter. Hierdie projek word deur Pine Pienaar en sy span gelei en tot op hede is ’n totaal van 117 slaggate met 160 sakke teer opgevul. Die tak het besluit om te fokus op Bantjesstraat.
 Coligny
  • Taklede het 180 m² se slaggate in Voortrekkerstraat opgevul. ’n Dorp se paaie is ’n groot bate en die swak instandhouding daarvan hou ’n groot gevaar vir padgebruikers in.

STELLALAND

Vryburg

  • Die tak het drie leë erwe, twee oop velde en ses sypaadjies skoongemaak as deel van sy volhoubare skoonmaakprojek wat vroeër vanjaar geloods is. Die doel van dié projek is om ’n skoner en veiliger omgewing vir die gemeenskap te skep. Sedert die ontstaan van dié projek is meer as tien erwe skoongemaak, oop gesny en groot bome gesnoei. Die skoonmaak van hierdie erwe is veral belangrik omdat misdadigers in die oorgroeide erwe wegkruip. Die tak het ook begin om die sypaadjies skoon te maak en oop te sny, en verder om lang gras in oop velde te sny om sodoende misdaad te bekamp.

 

KWAZULU-NATAL

Paulpietersburg

  • Taklede het voortgegaan om slaggate op die R33-deurpad op te vul; 200 sakke teer is daarvoor gebruik.

Vryheid

  • Die tak het die Abaqulusi Plaaslike Munisipaliteit op terme geplaas oor swak elektrisiteitsverskaffing.
  • Die buurtwag het begin om intermediêre vuurwapenopleiding aan sy lede te bied.

Newcastle

  • Die tak het met die Newcastle Plaaslike Munisipaliteit vergader om aspekte rakende swak dienslewering te bespreek.

SUIDSTREEK

NOORD-KAAP

Bo-Karoo

  • Die buurtwag se jeugvleuel het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Delportshoop

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Dikgatlong Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

Kimberley

  • Die Kimberley-buurtwag en Modderrivier-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

Prieska

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Siyathemba Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

Vaalharts

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Phokwane Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

Kamiesberg

  • Taklede het Kamieskroon se strate gereeld skoongemaak en vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

Kakamas

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het spoedwalle by die Hoërskool Kakamas skoongemaak en dit wit en geel geverf. Hierdie is geïdentifiseer as ’n deurlopende projek.
  • Die tak het saam met rolspelers van die dorp begin om die ingang na Kakamas skoon en netjies te maak.
  • Die tak het begin om ’n tuin oorkant die Engen-vulstasie te vestig deur plante te plant en waterpype aan te lê, asook sonkragligte te installeer vir sigbaarheid in die aand.
  • Die tak het watermonsters van die Oranjerivier geneem én die dorp se drinkwater vir cholera getoets om vas te stel of dit vir menslike gebruik geskik is.

Kathu

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het die parkeerterrein voor Fit-It gereeld skoongemaak en die bome wat taklede in die parkeerterrein geplant het, met water natgelei.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Gamagara  Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het in samewerking met die plaaslike burgemeester die ingang na Kathu help verf en skoonmaak.
  • Die tak het saam met verskeie rolspelers (waaronder die burgemeester) gehelp om die dorp skoon te maak.

Keimoes

  • Die Grootoog-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het weekliks die hoofstraat en die gebied rondom die waterwiel (wat tot ’n nasionale monument verklaar is) skoongemaak, vullis na die vullisterrein weggery, die gras gesny en die beddings skoongemaak.
  • Die tak het die badkamers by die waterwiel wat vir toeriste bedoel is, skoon gehou.
  • Die tak het watermonsters van die Oranjerivier geneem én die dorp se drinkwater vir cholera getoets om vas te stel of dit vir menslike gebruik geskik is.

Kuruman

  • Die Kuruman- en Bankhara-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak is besig om die beheerkamer se kameras te herstel om te help met veiligheid in die dorp.

Springbok

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het saam met die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit gewerk om die plaaslike vullisterrein weer op standaard te bring.
  • Die tak het watermonsters van die Oranjerivier geneem én die dorp se water vir cholera getoets om vas te stel of dit vir menslike gebruik geskik is.
  • Die tak het gehelp dat Aubrey Baartman, ’n voormalige munisipale bestuurder van die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit, in die Springbok Landdroshof skuldig bevind is vir die oortreding van munisipale wette. Baartman sal in September 2023 gevonnis word. Hierdie hofsaak het vier jaar lank geduur.

Upington

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het ’n skrywe aan die plaaslike munisipaliteit gerig oor riool wat in die Oranjerivier vloei naby die Kalahari-winkelsentrum.
  • Die tak het watermonsters van die Oranjerivier geneem, asook die dorp én die Dr. Harry Surtie Hospitaal se drinkwater vir cholera getoets om vas te stel of dit vir menslike gebruik geskik is.
  • Die tak het ook watermonsters geneem waar die riool uitvloei naby die Kalahari-winkelsentrum.
  • Die tak het kos aan ’n plaaslike kerk se sopkombuis geskenk wat etes aan minderbevoorregte gemeenskapslede voorsien.
  • Die tak plaas elke maand druk op die plaaslike munisipaliteit om oplossings te vind vir die rioolprobleme wat in die dorp voorkom.

Williston

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Karoo Hoogland Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

OOS-KAAP

Elliot

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • het gras gesny om hul dorp skoon te hou; dit vorm deel van die tak se volhoubare skoonmaakprojek.

Cradock

  • Die tak se noodwatertenks kan deur gemeenskapslede gebruik word wanneer die dorp se watertoevoer onderbreek word.

Gamtoosvallei

  • Die Sondagsriviervallei- en Kirkwood-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het die Kouga Plaaslike Munisipaliteit gehelp om ’n vullisterreinoudit uit te voer.

Jeffreysbaai

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het nóg ’n fase van hul kameraprojek afgehandel en sien daarna uit om die projek heeltemal af te handel.
  • Die tak het die Kouga Plaaslike Munisipaliteit gehelp om ’n vullisterreinoudit uit te voer.

Port Elizabeth

  • Die Walker Drive- en Broadwood-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Walker Drive-buurtwag en die plaaslike SAPD het kinders van die MTR Smit Kinderhuis bederf met ’n uitstappie na ’n restaurant en trampolienpark.
  • Die tak se jeugvleuel het ’n kegelbal-aksie gehou in ’n poging om meer lede te werf.
  • Taklede het die Bela-verhore bygewoon om hulle besware teen dié voorgestelde wetsontwerp voor te lê.

Uitenhage

  • Die tak het die Winterberg-plaaswag gestig.
  • Die Winterberg-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die Winterberg-plaaswag het opleiding ontvang om hulle gereedheid op te skerp.
  • Die Winterberg-plaaswag het patrollietoerusting ontvang.

WES-KAAP

De Doorns

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Helderbergkom

  • Die buurtwag het veiligheidstoerusting ontvang.
  • Die tak het finansiële ondersteuning aan Kays-karavaanpark gebied om te help met die skade wat deur die onlangse vloede veroorsaak is. 

Overstrand

  • Die Stanford- en Hemel-en-Aarde-plaaswag, asook die Alfa-, Fisherhaven- en Pearly Beach-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Alfa-buurtwag het die SAPD ondersteun deur te help om ’n gesteelde voertuig in Hawston op te spoor.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied by Kays-karavaanpark nadat onlangse vloede geweldige skade aangerig het.
  • Die takvoorsitter is gedurig in gesprek met die burgemeester om die tak se belange te bevorder.
  • Die Alfa-buurtwag het ’n verdagte vasgetrek wat in besit van ’n gevaarlike wapen en gereedskap was om vermoedelik ’n huisbraak te pleeg. Die verdagte is gevolglik aan die SAPD in Hermanus oorhandig.

Paarl

  • Die Paarl-Noord-buurtwag het nuwe radio’s en ander veiligheidstoerusting ontvang wat buurtwaglede verder in staat sal stel om patrollies suksesvol uit te voer.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Stellenbosch

  • Die tak is in die proses om met die Stellenbosch Plaaslike Munisipaliteit te vergader om die gehalte van die water, die besoedeling daarvan en die riool wat daarin voorkom te bespreek met die doel om samewerking te bevorder.

Strand

  • Die Strand-tak en -buurtwag het hulp en ondersteuning aan Kays-karavaanpark en die omliggende gemeenskap gebied om te help ná die onlangse vloede.
  • Die Strand Patrol-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Worcester

  • Die tak het aan Jeugdag-vieringe deelgeneem en water aan rugbyspelers en toeskouers geskenk.
  • Die tak het droë sopbestanddele aan hawelose mense en die organisasie Boland Dorpe geskenk.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Cederberg

  • Die tak het die gemeenskap ondersteun ná die onlangse vloede, terwyl hulle ook skenkings help insamel het, waaronder diesel vir kragopwekking aan die ouetehuise.

Durbanville

  • Die tak het die Durbanville-buurtwag gestig.
  • Buurtwaglede het hulle eerste induksievergadering bygewoon vir opleidingsdoeleindes, terwyl hulle veiligheidstoerusting ook bestel is.

Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag en Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het omliggende parke skoongemaak, asook ondersteuning by skole gebied nadat skole in die omgewing onlangs deur rowers geteiken is.

Kraaifontein

  • Taklede het deelgeneem aan ’n projek waartydens hulle parke skoonmaak deur gras te sny en ander opknappingswerk te doen.

Malmesbury

  • Die Rondeberg-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die nuwe takbestuur het hulle eerste opleidingsessie en eerste vergadering gehou waartydens lede se rol en verantwoordelikhede, asook die behoeftes vir verskillende projekte bespreek is. Dit is opgevolg met ’n veiligheidsvergadering.

Matzikama

  • Die De Draai-, Draaihoek-, Holrivier-, Klawer-, Kleinrivier-, Koekenaap-, Lutzville-, Matzikama-, Nuwerus-, Spruitdrif-, Trawal- en Vanrhynsdorp-plaaswag, asook die Lutzville- en Vredendal-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het nóg ’n buurtwag op Vredendal gestig, ’n dorp wat ’n tweede sektor vorm. 
  • Taklede het in samewerking met die SAPD en rampbestuurspanne deurgaans ondersteuning gebied ná die onlangse vloede, soos om mense te help om hul huise te ontruim.
  • Die onderskeie buurt- en plaaswagte wat deel van die tak vorm het die SAPD ondersteun waar voertuigbeheerpunte opgestel is. 

Weskus

  • Die Langebaan-buurtwag en Hopefield-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Taklede en Hopefield-plaaswaglede het veiligheidsopleiding ontvang.
  • Die tak het gehelp met skoonmaakprojekte op die strand.
  • Die tak het voorrade en kontant ingesamel en aan die vloedgeteisterde buurdorpe geskenk. Hulle het voorrade ter waarde van R8 000 (wat kos, matrasse, komberse en klere insluit) geskenk.

Soortgelyke plasings