Teks-buurtwag neem aan nasionale massapatrollie deel


AfriForum se Teks-buurtwag (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda) het op 2 Desember 2017 aan die burgerregte-organisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem, onder meer om die sigbaarheid van dié veiligheidstruktuur binne die gemeenskap te verhoog.
Nagenoeg 2 330 km is deur 28 patrolleerders in 26 voertuie afgelê. ER24 en kapelaan Brad Blake van Emergency Services Chaplaincy South Africa was tydens die patrollie op bystand.

“Patrollielede ontvang deurlopend opleiding sodat hulle bevoeg is om bystand te bied waar nodig en oor die nodige kennis beskik om altyd binne die raamwerk van die wet op te tree,” se Nico Venter, voorsiter van AfriForum se Secunda-tak.
“AfriForum bedank elke patrolleerder wat hul tyd opgeoffer het om ’n verskil in die gemeenskap te maak en die veiligheid van inwoners te bevorder,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mpumalanga.

Raak betrokke by jou naaste AfriForum-buurtwag en help om jou omgewing te beveilig: SMS “Buurtwag” na 45340 (R1)

Soortgelyke plasings