|

Thabazimbi spog nou met AfriForum-tak

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 10 Februarie gedurende ’n vergadering by die NG Gemeente Thabazimbi se kerksaal ’n tak in Thabazimbi gestig. Heelwat inwoners het die vergadering bygewoon en interaktief deelgeneem in die hoop om hierdie dorp na nuwe hoogtes te neem.

Die bestuur bestaan uit Pikkie van Aardt (voorsitter), Barry Knuppe (ondervoorsitter), Trudy Vorster (tesourier), Carina Cornelius (sekretaris) en Pieter Roets (buurtwagleier).

“Ons as gemeenskap wil graag ons dorp sien vooruitgaan. Die mense op die bestuur is gemotiveerd en gedrewe om ’n daadwerklike verskil in die gemeenskap te maak.  Ek kan nie wag om te sien hoe hierdie tak die hele Thabazimbi tot nuwe hoogtes neem nie,” sê Cee-J van der Walt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Soutpansberg.

Soortgelyke plasings