|

AfriForum Krugersdorp se buurtwag behaal groot suksesse in 24 uur

Die AfriForum-buurtwag in Krugersdorp het verskeie suksesse in 24 uur behaal te danke aan inligting wat deur die publiek beskikbaar gestel is.

Die buurtwag se hommeltuigspan het op 28 Maart saam met Dowry Security Solutions gehelp om ’n gesteelde motorfiets terug te vind, die motorfiets behoort aan Debonairs. Die motorfiets is gevind en terugbesorg aan die eienaar.

Op 29 Maart het die buurtwag die plaaslike SAPD gehelp in die arrestasie van ’n dwelmsmous. Die inligting wat die buurtwag oor ’n tydperk ingesamel het is aan die taakspan oorhandig waarna daar ’n lasbrief bekom is om die perseel te betree. Die verdagte is gearresteer vir die handel in gesteelde goedere sowel as die vermoedelike handel en besit van dwelms. Die Dowry Security Solutions-span het ook tydens hierdie sukses hulp gelewer aan die buurtwag en SAPD.

Die buurtwag het ook op 29 Maart ’n misdadiger wat ontsnap het vasgetrek. Die buurtwag het dit met behulp van die gemeenskap reggekry. Die verdagte het sy paroolvoorwaardes verbreek, die verdagte is voorheen skuldig bevind aan aanranding, roof en gewapende roof.

“Ons wil graag die span by Dowry Security Solutions bedank vir hulle bereidwilligheid om saam met AfriForum se buurtwag te werk om die gemeenskap te beveilig,” sê Martin Lombard, AfriForum se takvoorsitter in Krugersdorp.

Soortgelyke plasings