Water
|

Uitslae van opvolgwatertoetse van Parys-drinkwater skokkend

Die AfriForum-tak in Parys het Maandag weer die drinkwater in Parys laat toets om vas te stel of die munisipaliteit intussen ’n poging aangewend het om die watergehalte te verbeter. Die uitslae was egter skokkend en swakker as ooit. Die AfriForum-tak het onmiddellik weer ’n waarskuwing aan die inwoners uitgereik om die water eers te kook voor gebruik en indien daar ’n alternatief is, dit eerder glad nie te drink nie.

Die watermonsters is geneem deur die bestuurder van die geakkrediteerde laboratorium, met ’n waterspesialis in toesighoudende hoedanigheid om toe te sien dat alles reg gedoen word in die teenwoordigheid van die AfriForum-distrikskoördineerder vir die Mooirivier. Daar is op die volgende plekke monsters geneem: By ’n onderneming in Waterstraat (by herhaling), ’n huis in Tumahole (by herhaling), ’n watertenker by die waterwerke wat pas volgetap is om aan inwoners te gaan uitdeel, met ander woorde direk by die uitloop van die watersuiweringswerke, en by Vaal de Grace, wat die verste punt is waar munisipale water gelewer word. Die span wou by ’n skool in Tumahole ook ’n monster neem, maar daar was nie water nie.

Sedert die vorige toetse wat in September geneem is, het die watergehalte beduidend verswak. Daar is feitlik geen chloor aanwesig in die water nie en daar is beslis E.coli in die drinkwater. Die water is dus glad nie geskik vir menslike gebruik nie. Wat onrusbarend is, is dat die munisipaliteit en die howe die probleem ontken. Die munisipaliteit lewer hierdie besmette water aan inwoners sonder ’n waarskuwing om dit eers te kook. Die enigste waarskuwing is van die plaaslike AfriForum-tak.

“Dit is werklik skokkend dat ’n munisipaliteit, wat eintlik daar is om die gemeenskap te dien wat hulle salarisse betaal, bereid is om water van hierdie uiters lae standaard aan die inwoners te lewer. Ek is bevrees dat hierdie ’n tydbom is. Dit sal baie sleg wees as inwoners eers ernstig siek moet word voordat daar iets aan hierdie situasie gedoen word. Ons vra inwoners wat siek word as gevolg van die water, om dadelik met ons in aanraking

Soortgelyke plasings