|

#VulDieGat: Meer as 900 kg se teer vir Centurion-slaggate gebruik

Die AfriForum-tak in Centurion het tot dusver 926 kg teer gebruik om agt slaggate in Valhalla en The Reeds se strate te herstel as deel van AfriForum se nasionale slaggatprojek. Hierdie fase van die projek het tussen 1 en 6 Julie plaasgevind waartydens slaggate op die hoek van Shawlaan en Simonsvleisingel, op die hoek van Bernardie- en Elarnestraat, en in Alphensingel gevul is. Die waarde van hierdie slaggate beloop R6 400.

Met hierdie jaarlikse nasionale projek beoog AfriForum om in Julie slaggate ter waarde van R1 miljoen oor die land heen te herstel. Tot dusver het die AfriForum-takke in die noordstreek R189 270 se slaggate herstel waarvoor altesaam 2 103 sakke teer, oftewel 52,575 ton, gebruik is. Die Centurion-tak beoog om nog slaggate die res van hierdie maand te vul.

Intussen het vier lede van AfriForum se Centurion-buurtwag vroeër vandeesmaand opleiding ontvang, wat deel is van die Centurion-struktuur se oogmerk om die gemeenskap te beveilig.

“Dit is vir AfriForum se Centurion-tak en -buurtwag belangrik om ’n goeie balans te handhaaf. Daarom bemagtig ons nie net ons buurtwagpatrolleerders nie maar probeer alles in die takstruktuur se vermoë om die gemeenskap ter selfde tyd op te knap,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Suid.

Ungerer moedig die gemeenskap aan om  by AfriForum se Centurion-struktuur betrokke te raak. Besoek www.wordlid.co.za om aan te sluit of stuur ‘n e-pos na centurion@afriforumtak.co.za.   

Soortgelyke plasings