Vullisverwyderingsdiens in Bloemhof

Tariewe vir AfriForum se vullisverwyderingsdiens in Bloemhof:

  • Ondernemings: R500 per maand vir een wavrag per week. Addisionele vragte word uitgewerk per vrag. (R200 per addisionele vrag per week.) Indien ’n onderneming byvoorbeeld ’n behoefte het dat twee ekstra vragte vullis per maand weggery word, sal die koste daarvan R900 per maand beloop.
  • Huisvullis: R200 per maand vir een wavrag per week. Vier sakke vullis word weekliks weggery. Indien daar ekstra sakke is sal die koste uitgewerk word per week. Inwoners moet aandui as hulle meer as vier sakke vullis per week wil laat wegry, waarna AfriForum ’n kosteberaming daarvan sal doen.
  • Tuinvullis: Die tak se voorsitter sal eers inspeksie gaan doen oor tuinvullis en daarna die bedrag met die betrokke persoon vasstel. Sodra die geld dan oorbetaal word sal AfriForum die tuinvullis verwyder.

Soortgelyke plasings