“Slaughtering of white people”-saak: MRK kry groen lig om saak te argumenteer dat Malema nie skuldig is aan haatspraak nie

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) se aansoek om verlof tot appèl rakende ’n hofuitspraak téén die kommissie oor uitlatings wat die EFF se Julius Malema tydens ’n byeenkoms in 2016 gemaak het, is vandag in die Gautengse Hooggeregshof toegestaan.

Regter Roland Sutherland het in Julie 2023 in AfriForum se guns beslis en bevind dat die MRK se 2019-bevinding – dat Malema nie haatspraak gepleeg het tydens die betrokke byeenkoms wat in 2016 in Newcastle plaasgevind het nie – tersyde gestel moet word. Die hof het verder bevind dat die MRK nie bindende magte het om bevele of bevindings te maak nie. AfriForum het die saak met koste gewen.

In die uitlatings wat hier ter sprake is, het Malema onder meer gesê: “We are not calling for the slaughtering of white people, at least for now.” AfriForum het in 2019 hofstukke ingedien om die MRK se besluit, dat hierdie uitsprake nie haatspraak is nie, op hersiening te neem.

Volgens Ernst van Zyl, AfriForum se Hoof van Openbare Betrekkinge, was die 2023-uitspraak ’n swaar slag vir die MRK aangesien dit bevestig het dat die MRK nie bindende magte het nie. Dit het ook die presedent geskep dat Suid-Afrikaanse howe die MRK se bevindings mag hersien. Dit is dus nie verbasend dat die MRK hierdie baanbrekerbeslissing probeer omkeer nie.

“AfriForum is vas oortuig dat die 2023-beslissing geregtelik bevestig dat Malema wel in 2016 haatspraak gepleeg het. Die feit dat die MRK nou hierdie korrekte beslissing probeer omkeer, deur skynbare dubbele standaarde as maatstaf, bewys juis hoekom dit gevaarlik sou wees om hierdie instelling se mag verder uit te brei,” sluit Van Zyl af.

Soortgelyke plasings