|

Warmbad-tak bied teenboeliepraatjie by Laerskool Warmbad aan

AfriForum se Warmbad-tak in Bela-Bela het gedurende ’n teenboeliepraatjie by die Laerskool Warmbad die graad 4- tot 7-leerders geleer hoe om boeliegedrag te hanteer en hoe om dit aan te meld.

Die praatjie op 12 Januarie het gehandel oor die verskeie soorte afknouery in skole, hoe ’n mens ’n boelie kan identifiseer en wat jy moet doen as jy geboelie word of as jy dink dat jy die boelie is.

Daar is ook ’n hulplyn (082 087 5600) vir Bela-Bela geskep waarop enige persoon boeliegedrag kan rapporteer. Dit word deur die Nasionale Kinderbeskermingsentrum geëvalueer wat dit gevolglik op die korrekte manier hanteer.

“Dit is vir my belangrik om boeliegedrag onder die leerders se aandag te bring, maar dit is nog meer belangrik om hulle met vaardighede te bemagtig oor hoe om in so ’n situasie op te tree,” sê Magdel Jansen van Vuuren, distrikskoördineerder vir Limpopo.

Raak vandag nog betrokke by Afriforum se Warmbad-tak: SMS “jou naam” na 45340 (R1) en maak op dié manier ’n positiewe bydrae.

Soortgelyke plasings