|

Potchefstroom-buurtwag bied skietdag aan

AfriForum se buurtwag in Potchefstroom het op 22 April ’n skietdag vir patrollielede en hulle gades aangebied by ’n skietbaan net buite die dorp. Hierdie dag is gereël omdat die tak al hoe meer navrae oor wapenopleiding kry en meer mense wapenbehendig wil wees.

Daar is voorsiening vir beginners gemaak wat slegs op ’n teiken wou skiet terwyl ervare mense aan iets meer uitdagend met ’n taktiese benadering kon deelneem. Lede wat vir die eerste keer met ’n wapen wou skiet en meer wapenvaardig wou word was ook welkom aangesien AfriForum se buurtwagkoördineerders en baanoffisiere bereid was om die groentjies touwys te maak. Altesaam 30 lede het aan dié dag deelgeneem.

Aan die einde van die oefening was daar ’n vriendskaplike kompetisie tussen die skuts, en kragte is gemeet om te bepaal hoe goed elkeen sy of haar wapen kan hanteer. Hierdie dag was ’n groot sukses en nog skietdae is vir later die jaar beplan – enige AfriForum-lid is welkom.

“Hierdie skietdag is net nog ’n diens wat AfriForum se Potchefstroom-buurtwag aan die gemeenskap lewer. Dit is uiters noodsaaklik om te weet hoe om jou wapen behoorlik te hanteer, daarom is oefening nodig,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mooirivier.

Raak by AfriForum se Potchefstroom-buurtwag betrokke en help om jou omgewing veilig te hou. Kontak vir Cornelia Blignaut by 073 390 4133 om aan te sluit.

Soortgelyke plasings