| | |

AfriForum se Naboomspruit-buurtwag trek vyf stropers vas

Vyf beweerde wildstropers is op 12 Januarie ná ’n ongeluk in die Boekenhout- /Grootvallei area vasgetrek. AfriForum se Naboomspruit-buurtwag het saam met Rural Safety Naboomspruit gewerk om inligting wat oor die afgelope twee weke ingesamel is op te volg ten einde die verdagtes vas te trek.

Die inligting wat ontvang is het gemeld dat die verdagtes afgelaai word en later weer opgelaai word. Die Naboomspruit-buurtwag en Rural Safety Naboomspruit het op die inligting reageer toe hulle op ’n ongelukstoneel afgekom het waar die verdagte voertuig in ’n botsing betrokke was.

Die vyf verdagtes is gevind met gereedskap wat vir stropery gebruik word, vyf gestroopte vlakvarke en ’n onbekende aantal honde.

“Misdaad kan doeltreffend bekamp word met goeie samewerking tussen veiligheidsrolspelers en die SAPD. Die Naboomspruit-buurtwag het ’n goeie verhouding met die plaaslike SAPD en werk saam om die gemeenskap te beveilig,” sê Louw Pretorius, leier van die Naboomspruit-buurtwag.

Hooffoto: Rural Safety Naboomspruit

Soortgelyke plasings