Sonkrag
|

Witbank-tak help met sonkragligte, inligtingsborde om dorp op te knap

AfriForum se Witbank-tak in Emalahleni het in Julie verskeie projekte aangepak om die gemeenskap te ondersteun, waaronder die oprig van sonkragligte by die Moth Sound Memory Cottages. Die plaaslike AfriForum-tak het hierdie ligte geborg en ook die kontrakteur betaal wat die ligte opgerig het.

Die AfriForum-tak het ook verskeie plaaslike buurtwagte in Emalahleni deur verskeie aksies ondersteun. Die tak het borde geborg wat in Duvha Park en Blancheville opgerig is. Dié borde bevat inligting en kontakbesonderhede oor die buurtwagte in die onderskeie buurte. Daar is ook vyf flitse aan die Duvha Park-buurtwag geskenk.

Verder het die tak gehelp om die grassnyer te herstel wat die Hoëveldpark-buurtwag gebruik om dele van die dorp se gras te sny. Die grassnyer word gereeld ingespan om areas netjies te hou sodat misdadigers nie tussen die lang gras kan wegkruip nie. Die tak het ook 40 liter padverf aan die Hoëveldpark- en Heuwel-buurtwagte geskenk om hulle met ’n beplande projek te help waartydens padmerke geverf is.

“Ons is hier om die gemeenskap te dien en wil verseker dat ons buurte veilig en netjies is,” sê Alfred Friess, voorsitter van die AfriForum-tak in Emalahleni.

Inwoners word versoek om AfriForum in Witbank te ondersteun: Besoek www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings