AfriForum-tak in Christiana plant vrugtebome tydens boomplantmaand


Die AfriForum-tak in Christiana het as deel van boomplantmaand vier suurlemoenbome by skole in die dorp geplant.
Die tak het besluit om voortaan vrugtebome as deel van hierdie inisiatief te plant, aangesien kinders die vrugte daarvan kan benut. Die skool en kleuterskool se leerders was baie opgewonde om aan die geleentheid deel te neem.

“Vrugtebome was eens volop in Christiana en daarom wil ons graag hê dat dit weer die geval moet wees. Die AfriForum-tak bedank gemeenskapslede vir hul hulp met hierdie projek en ook die skole wat onderneem het om die bome te versorg,” sê Alta Pretorius, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland.

As jy by hierdie projek wil betrokke raak SMS “Christiana” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings