AfriForum-buurtwagte in Limpopo neem aan nasionale patrollie deel


AfriForum se buurtwagte in Nylstroom, Warmbad, Tzaneen en Ellisras het op Vrydag, 20 Julie 2018 in samewerking met die SAPD, gemeenskappolisiëringsforums, verskeie sekuriteitsmaatskappye en ander veiligheidsinstansies aan AfriForum se massapatrollie in hul onderskeie gebiede deelgeneem.
Tydens dié patrollie het 106 patrolleerders van die AfriForum-buurtwagte in 53 voertuie meer as 3 440 km afgelê en 20 voorvalle suksesvol in samewerking met die SAPD hanteer.

“AfriForum loods nasionale patrollies om sigbaarheid en samewerking te verbeter en die veiligheid van ons gemeenskappe te verseker,” sê Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo.

AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om betrokke te raak en self hul veiligheid te prioritiseer.

“Ons kan nie slegs op die staat vertrou om na ons veiligheid om te sien nie. Raak by enige plaaslike veiligheidsinstelling in jou omgewing betrokke of sluit vandag nog by AfriForum aan en word deel van die oplossing,” sluit Grobbelaar af.

SMS “Buurtwag” na 45340 (R1) om by jou naaste buurtwag aan te sluit.

Soortgelyke plasings